Spring na inhoud

JONGMENSE VRA

Waarom sny ek myself?

Waarom sny ek myself?

 Wat is snyery?

 Snyery is die kompulsiewe gebruik om jouself seer te maak met ’n skerp voorwerp. Dit is net een vorm van selfbesering. Ander vorme sluit in om jouself te brand, te kneus of te slaan. Hierdie artikel handel oor snyery, maar die beginsels wat bespreek word, is van toepassing op alle vorme van selfbesering.

 Toets jou kennis: Waar of onwaar.

  1.   Net meisies sny hulleself.

  2.   As jy jouself sny, oortree jy die Bybel se gebod in Levitikus 19:28 wat sê: “Julle mag geen snye in julle vlees maak . . . nie.”

 Korrekte antwoorde:

  1.   Onwaar. Hoewel die probleem blykbaar algemener is onder meisies, is daar ook seuns wat hulleself sny en ander vorme van selfbesering beoefen.

  2.   Onwaar. Levitikus 19:28 verwys na ’n ou heidense ritueel, nie na die kompulsiewe gebruik van selfbesering wat in hierdie artikel bespreek word nie. Maar dit is net logies dat ons liefdevolle Skepper nie wil hê dat ons onsself moet beseer nie.—1 Korintiërs 6:12; 2 Korintiërs 7:1; 1 Johannes 4:8.

 Waarom doen mense dit?

 Toets jou kennis: Watter stelling dink jy is die mees korrekte?

 Mense sny hulleself . . .

  1.   omdat hulle emosionele angs probeer oorkom.

  2.   omdat hulle hulleself probeer doodmaak.

 Korrekte antwoord: A. Die meeste mense wat hulleself sny, wil nie doodgaan nie. Hulle wil net ’n einde maak aan hulle emosionele wanhoop.

 Let op waarom party jongmense hulleself gesny het.

 Celia: “Dit het my ’n mate van verligting gegee.”

 Tamara: “Dit het gevoel asof dit ontvlugting bied. Die fisiese pyn was beter as die emosionele pyn.”

 Carrie: “Ek het dit gehaat om hartseer te voel. Wanneer ek myself gesny het, het dit my aandag van my hartseer afgelei en dit op my fisiese pyn gevestig.”

 Jerrine: “Elke keer dat ek myself gesny het, het ek byna onbewus geraak van my omgewing en weggekom van my probleme. Dit was vir my ’n aangename verandering.”

 Hoe kan jy ophou as jy hierdie probleem het?

 Gebed tot Jehovah God is baie belangrik as jy wil ophou. Die Bybel sê: ‘Werp al julle sorge op hom, want hy sorg vir julle.’—1 Petrus 5:7.

 Wenk: Begin met kort gebede, soos om net vir Jehovah te sê: “Ek het hulp nodig”. Mettertyd sal jy openlik kan praat en jou hart voor “die God van alle vertroosting” kan uitstort.—2 Korintiërs 1:3, 4.

 Gebed is nie ’n sielkundige kruk nie. Dit is ware kommunikasie met jou hemelse Vader, wat belowe: “Ek sal jou werklik help. Ek sal jou werklik stewig vashou met my regterhand van regverdigheid.”—Jesaja 41:10.

 Baie wat met snyery geworstel het, het ook vertroosting gevind deur met ’n ouer te praat of met ’n ander volwassene wat hulle in hulle vertroue kon neem. Kyk na die volgende kommentare deur drie jongmense wat juis dit gedoen het.

 Vrae om oor na te dink

  • Wie kan jy in jou vertroue neem wanneer jy gereed is om hulp te vra?

  • Wat kan jy vir Jehovah God in gebed oor die saak sê?

  • Kan jy aan twee metodes dink (wat nie selfbesering behels nie) wat jy kan gebruik om jou stres en angs te verlig?