Spreuke 18:1-24

  • Iemand wat hom afsonder, is selfsugtig en onverstandig (1)

  • Jehovah se naam ’n sterk toring (10)

  • Rykdom bied beskerming in ryk man se verbeelding (11)

  • Wys om na albei partye te luister (17)

  • Vriend wat lojaler is as broer (24)

18  Iemand wat hom afsonder, jaag sy eie selfsugtige begeertes na. Hy verwerp alle praktiese wysheid.   ’n Dwaas wil nie insig verkry nie. Hy openbaar eerder wat in sy eie hart is.+   Wanneer ’n goddelose kom, verdwyn respek. En saam met skandelike gedrag kom oneer.+   Die woorde van ’n man se mond is diep waters.+ Dit is ’n fontein van wysheid, ’n borrelende stroom.   Dit is nie goed om die goddelose te bevoordeel+of om te keer dat die regverdige geregtigheid kry nie.+   Die woorde van die dwaas lei tot stryery,+en met die dinge wat hy sê, soek hy ’n pak slae.+   Die mond van die dwaas is sy ondergang,+en sy lippe stel sy lewe in gevaar.   Die woorde van ’n lasteraar is soos lekker eetgoed+wat vinnig ingesluk word en tot in die maag afgly.+   Iemand wat lui is om te werk,is ’n broer van die een wat skade aanrig.+ 10  Die naam van Jehovah is ’n sterk toring.+ Die regverdige hardloop daarin en word beskerm.+ 11  Die rykdom van die ryk man is vir hom soos ’n sterk stad. Dit is soos ’n beskermende muur in sy verbeelding.+ 12  Hoogmoed in ’n mens se hart lei tot ondergang,+en nederigheid lei tot eer.+ 13  Iemand wat op ’n saak antwoord voordat hy die feite hoor,is dwaas en kom in die skande.+ 14  ’n Mens se gesindheid* kan hom help om sy siekte te verdra,+maar wie kan uithou as hy ’n gebroke gees het?*+ 15  Die hart van die verstandige verkry kennis,+en die oor van die wyses probeer kennis vind. 16  ’n Geskenk maak deure oop.+ Dit gee ’n mens toegang tot belangrike mense. 17  Dit lyk altyd of die een wat sy saak eerste stel, reg is,+maar dan kom die ander party en ondervra hom.+ 18  Wanneer die lot gewerp word, maak dit ’n einde aan geskille+en word daar geoordeel tussen* sterk teenstanders. 19  Om ’n broer te paai wat aanstoot geneem het, is moeiliker as om ’n sterk stad in te neem,+en daar is geskille wat soos die grendels van ’n vesting is.+ 20  Weens ’n man se woorde sal sy maag vol wees.+ Hy sal vol word van die opbrengs van sy lippe. 21  Dood en lewe is in die mag van die tong.+ Dié wat daarvan hou om dit te gebruik, sal die vrug daarvan eet.+ 22  Die een wat ’n goeie vrou vind, het iets goeds gevind,+en hy verkry Jehovah se goedkeuring.+ 23  Die arm man soebat,maar die ryk man gee ’n harde antwoord. 24  Daar is vriende wat mekaar verwoes,+maar daar is ’n vriend wat lojaler is as ’n broer.+

Voetnote

Of “heeltemal moedeloos is”.
Lett. “gees”.
Lett. “en skei dit”.