Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wie sal die aarde red?

Wie sal die aarde red?

 Baie mense is bekommerd oor die skade wat hulle dink die mensdom aan die aarde en die lewe daarop doen. Volgens party omgewingsdeskundiges kan die dinge wat mense doen, veroorsaak dat spesies uitsterf en die groot verskeidenheid van lewe op die planeet beskadig soos nooit tevore nie.

 Sal mense die aarde vernietig? Of sal hulle ooit op ’n manier kan lewe wat nie die natuur beskadig nie?

Sal die mens se pogings suksesvol wees?

 Baie kenners het die vertroue dat die mens die aarde kan beskerm en in vrede met die natuur kan lewe. Party navorsers redeneer dat die mens se pogings net suksesvol sal wees as veranderinge op ’n paar gebiede en op dieselfde tyd gemaak word. Sulke veranderinge sluit die volgende in:

  •   Verbeter hoe grond, woude, vleilande en oseane bestuur word.

  •   Gebruik ander landbou-tegnieke en energiebronne.

  •   Verander hoe kos geproduseer en versprei word sodat mense meestal plante en nie baie vleis en vis eet nie en minder kos eet en mors.

  •   Aanvaar dat ’n goeie lewe nie afhang van hoe baie materiële dinge jy besit nie.

 Wat dink jy? Is dit realisties om te verwag dat regerings, besighede en mense saamwerk soos nog nooit tevore nie? Of dink jy dat dit onmoontlik is omdat party mense baie gierig en selfsugtig is en nie omgee oor die toekoms nie? – 2 Timoteus 3:1-5.

’n Rede vir hoop

 Die Bybel verseker ons dat die toekoms van ons planeet veilig is. Dit verduidelik hoekom die mens se pogings nie genoeg is om die aarde te red nie, en dit beskryf die regte veranderinge wat gemaak moet word. Dit vertel ons ook hoe hierdie veranderinge sal gebeur.

 Hoekom die mens se pogings nie die aarde sal red nie. Jehovah a God het die aarde geskep en vir die mens die verantwoordelikheid gegee om daarvoor te sorg (Genesis 1:28; 2:15). Hulle kon net suksesvol wees as hulle na hulle Skepper gekyk het vir leiding en sy instruksies gehoorsaam het (Spreuke 20:24). Hulle het Jehovah eerder verwerp en besluit om onafhanklik te wees (Prediker 7:29). Die mens het nie die vermoë om op hulle eie vir die aarde te sorg nie, en selfs al kan hulle klein verbeterings maak, sal hulle nie regtig suksesvol wees nie. – Spreuke 21:30; Jeremia 10:23.

 Die veranderinge wat nodig is. God beplan om die mense te stop wat die aarde vernietig (Openbaring 11:18). Hy sal nie die regerings en die mense op die aarde wat die planeet beskadig, verander nie; hy sal hulle vervang (Openbaring 21:1). Daarom sê Jehovah: “Kyk! Ek maak alles nuut.” – Openbaring 21:5.

 Hoe hierdie veranderinge sal gebeur. Jehovah sal menseregerings met ’n hemelse regering vervang wat die Koninkryk van God genoem word. Daardie regering, met Jesus Christus as leier, sal dan oor die aarde regeer. – Daniël 2:44; Matteus 6:10.

 God se Koninkryk sal die mens leer om volgens God se regverdige standaarde te lewe. Wanneer mense hulle Skepper erken en sy standaarde volg, sal dit vir hulle moontlik wees om in vrede met die natuur te lewe (Jesaja 11:9). Die Bybel beskryf hoe God se regering sy mense in staat sal stel om ’n goeie lewe te geniet, ’n lewe wat nie die planeet sal beskadig nie. Dit sal die volgende doen:

 Jy kan verwag dat God se Koninkryk binnekort hierdie veranderinge sal bring. Vir meer inligting lees die artikel “Wanneer sal God se Koninkryk oor die aarde regeer?”.

a Jehovah is God se persoonlike naam. – Psalm 83:18.