Psalms 72:1-20

  • Vreedsame heerskappy van God se koning

    • ‘Regverdige sal floreer’ (7)

    • Onderdane van see tot see (8)

    • Redding van geweld (14)

    • Volop graan op aarde (16)

    • God se naam sal vir ewig geloof word (19)

Oor Salomo. 72  O God, leer die koning u oordele,en leer die seun van die koning u regverdigheid.+   Mag hy die saak van u volk met regverdigheid verdedig,en die saak van die hulpeloses met geregtigheid.+   Mag die berge vir die volk vrede bring,en mag die heuwels regverdigheid bring.   Laat hy die hulpeloses onder die volk verdedig,*laat hy die kinders van die arme red,en laat hy die bedrieër vernietig.+   Hulle sal u vrees solank daar ’n son isen solank die maan bestaan,van geslag tot geslag.+   Hy sal wees soos die reën wat op die gesnyde gras val,soos reënbuie wat die aarde natmaak.+   Die regverdige sal in sy dae floreer,*+en daar sal ’n oorvloed van vrede wees+ totdat die maan nie meer daar is nie.   Hy sal onderdane hê* van see tot seeen van die Rivier* tot aan die eindes van die aarde.+   Dié wat in die woestyn woon, sal voor hom neerbuig,en hy sal sy vyande verslaan.+ 10  Die konings van Tarsis en van die eilandeen die konings van Skeba en Seba sal skatting* betaal.+ 11  Al die konings sal voor hom neerbuig,en al die nasies sal hom dien. 12  Want hy sal die arme red wat om hulp roep,en ook enigiemand wat geen helper het nie. 13  Hy sal jammer voel vir die hulpelose en die arme,en hy sal die lewens van die armes red. 14  Van onderdrukking en van geweld sal hy hulle red,en hulle bloed sal kosbaar wees in sy oë. 15  Mag hy lewe, en mag die goud van Skeba+ aan hom gegee word. Mag daar heeltyd vir hom gebid word,en mag hy die hele dag lank geseën word. 16  Daar sal volop graan op die aarde wees.+ Op die top van die berge sal daar ’n oorvloed wees. Sy graan sal so volop wees soos die bome in die Liʹbanon-berge,+en in die stede sal mense vermeerder soos die plante van die aarde.+ 17  Mag sy naam vir ewig bly bestaan,+en mag dit net so lank voortleef soos die son. Mag mense vir hulleself ’n seën verkry deur middel van hom.+ Mag alle nasies hom gelukkig noem. 18  Mag Jehovah God, Israel se God, geloof word.+ Hy alleen doen wonderlike dinge.+ 19  Mag sy glorieryke naam vir ewig geloof word,+en mag sy heerlikheid die hele aarde vul.+ Amen en Amen. 20  Hier eindig die gebede van Dawid, die seun van Isai.+

Voetnote

Lett. “oordeel”.
Lett. “uitspruit”.
Of “sal regeer”.
Die Eufraatrivier.