Jeremia 10:1-25

  • Gode van nasies teenoor lewende God (1-16)

  • Vernietiging en ballingskap naby (17, 18)

  • Jeremia treur (19-22)

  • Profeet se gebed (23-25)

    • Mens kan nie sy voetstappe rig nie (23)

10  Hoor die woord wat Jehovah teen julle gespreek het, o huis van Israel.  Dít is wat Jehovah sê: “Moenie die weg van die nasies leer nie,+en moenie bang word as gevolg van die tekens van die hemelnet omdat die nasies baie bang is as gevolg daarvan nie.+   Want die gebruike van die volke is nutteloos.* Dit is net ’n boom van die woud wat afgekap is,wat die ambagsman met sy hande en gereedskap* bewerk het.+   Hulle versier dit met silwer en goud+en slaan dit vas met ’n hamer en spykers sodat dit nie sal omval nie.+   Soos ’n voëlverskrikker in ’n komkommerland kan hulle nie praat nie.+ Hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie.+ Moenie vir hulle bang wees nie, want hulle kan niemand seermaak nie,en hulle kan ook niks goeds doen nie.”+   Niemand is soos u nie, o Jehovah.+ U is groot, en u naam is groot en magtig.   Wie sal nie die Koning van die nasies vrees nie?+ Dit is gepas om dit te doen,want onder al die wyses van die nasies en onder al hulle koninkrykeis daar hoegenaamd niemand soos u nie.+   Hulle is almal onverstandig en dom.+ Die onderrigting van ’n boom is heeltemal nutteloos.+   Silwerplate word van Tarsis+ ingevoer, en goud van Ufas,die werk van ’n ambagsman, van die hande van ’n metaalwerker. Die afgode se klere is van blou garing en pers wol. Hulle word almal deur ambagsmanne gemaak. 10  Maar Jehovah is waarlik God. Hy is die lewende God+ en die ewige Koning.+ As gevolg van sy woede sal die aarde bewe,+en geen nasie sal sy veroordeling kan verduur nie. 11  * Dít is wat julle vir hulle moet sê: “Die gode wat nie die hemel en die aarde gemaak het niesal van die aarde af en van onder hierdie hemel verdwyn.”+ 12  Hy is die Maker van die aarde deur sy krag,die Een wat die vrugbare land gevestig het deur sy wysheid+en wat die hemel uitgespan het deur sy verstand.+ 13  Wanneer hy sy stem laat hoor,is die water in die hemel onstuimig,+en hy laat wolke* van die eindes van die aarde af opstyg.+ Hy maak weerlig* vir die reën,en hy bring die wind uit sy stoorkamers uit.+ 14  Elke mens tree onverstandig en sonder kennis op. Elke metaalwerker sal verneder word as gevolg van sy beeld,+want sy metaalbeeld is ’n leuen,en daar is geen gees* in hulle nie.+ 15  Hulle is nutteloos,* werke wat ’n bespotting is.+ Wanneer hulle dag van afrekening kom, sal hulle verdwyn. 16  Die Deel van Jakob is nie soos hierdie dinge nie,want hy is die Een wat alles gemaak het,en Israel is die staf van sy erfdeel.+ Jehovah van die leërmagte is sy naam.+ 17  Tel jou bondel van die grond af op,o vrou wat deur die vyand omring is. 18  Want dít is wat Jehovah sê: “Kyk, ek gooi* die bewoners nou uit die land uit,+en ek sal hulle laat swaarkry.” 19  Dit is verby met my as gevolg van my ineenstorting!*+ My wond is ongeneeslik. Ek het gesê: “Dit is tog sekerlik my siekte, en ek moet dit verduur. 20  My tent is verniel, en al my tenttoue is stukkend geskeur.+ My kinders het my verlaat en is nie meer daar nie.+ Daar bly niemand oor wat my tent kan uitspan of my tentdoeke kan oprig nie. 21  Want die herders het sonder verstand opgetree,+en hulle het Jehovah nie vir leiding gevra nie.+ Daarom het hulle nie met insig opgetree nie,en al hulle kuddes is verstrooi.”+ 22  Luister! ’n Berig! Dit kom! ’n Groot gedreun uit die land van die noorde,+om die stede van Juda verlate te maak, ’n lêplek van jakkalse.+ 23  Ek weet goed, o Jehovah, dat die mens se weg nie aan hom behoort nie. Dit behoort nie aan die mens wat loop om sy voetstappe te rig nie.+ 24  Wys my tereg met geregtigheid, o Jehovah,maar nie in u woede nie,+ sodat u my nie vernietig nie.+ 25  Stort u woede uit oor die nasies wat u ignoreer+en oor die families wat u naam nie aanroep nie. Want hulle het Jakob verslind,+ja, hulle het hom verslind totdat hy amper uitgewis is,+en hulle het sy tuisland verwoes.+

Voetnote

Of “’n bedrogspul”.
Of “kapmes”.
Vs. 11 is oorspronklik in Aramees geskryf.
Of moontlik “sluise”.
Of “dampe”.
Of “asem”.
Of “’n bedrogspul”.
Of “slinger”.
Of “breuk”.