Hosea 2:1-23

  • Ontroue Israel gestraf (1-13)

  • Teruggebring na Jehovah, haar man (14-23)

    • Sy sal Jehovah “My man” noem (16)

2  “Sê vir julle broers: ‘My volk!’*+ en vir julle susters: ‘O vrou aan wie genade betoon is!’*+   Kla julle ma aan, kla haar aan,want sy is nie my vrou nie+ en ek is nie haar man nie. Sy moet ophou om prostitusie* te beoefenen egbreuk te pleeg,   anders sal ek haar kaal uittrek en haar maak soos op die dag toe sy gebore is. Ek sal haar soos ’n wildernis maak,haar in ’n waterlose land veranderen haar van die dors laat sterf.   En aan haar kinders sal ek nie genade betoon nie,want hulle is die kinders van prostitusie.*   Want hulle ma het prostitusie* beoefen.+ Die een wat met hulle swanger was, het haar skandelik gedra,+ want sy het gesê: ‘Ek sal agter die mans aanloop met wie ek ’n seksuele verhouding het.+ Hulle gee vir my kos en water,wol en linne, olie en drank.’   Daarom sal ek haar pad met ’n doringheining toemaak,en ek sal ’n klipmuur om haar bou,sodat sy nie haar paaie kan vind nie.   Sy sal agter die mans aangaan met wie sy ’n seksuele verhouding het, maar sy sal hulle nie inhaal nie.+ Sy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie. Dan sal sy sê: ‘Ek sal teruggaan na my eerste man,+want dit het toe beter met my gegaan as nou.’+   Sy het nie erken dat dit ek was wat vir haar die graan,+ die nuwe wyn en die olie gegee het nie. En ek het vir haar silwer in oorvloed gegee,en ook goud, wat hulle vir Baäl gebruik het.+   ‘Daarom sal ek teruggaan en my graan wegneem wanneer dit oestyd is,en my nuwe wyn wanneer dit die tyd is daarvoor.+ Ek sal my wol en my linne wegvat wat haar naaktheid moes bedek. 10  En ek sal haar geslagsdele ontbloot voor die mans met wie sy ’n seksuele verhouding het,en niemand sal haar uit my hand red nie.+ 11  Ek sal ’n einde maak aan al haar vreugde,haar feeste,+ haar nuwemane, haar sabbatte en al haar feestye. 12  En ek sal haar wingerdstokke en haar vyebome verwoes, waarvan sy gesê het: “Dit is my loon, wat ek gekry het by die mans met wie ek ’n seksuele verhouding het.” Ek sal dit in ’n woud verander,en die wilde diere van die veld sal dit verslind. 13  Ek sal haar oordeel vir die dae toe sy offerandes aan die Baäl-beelde gebring het,+toe sy haar met ringe en juwele versier het en agter die mans aangeloop het met wie sy ’n seksuele verhouding gehad het,maar my vergeet het,’+ sê Jehovah. 14  ‘Daarom sal ek haar oorreed. Ek sal haar na die wildernis lei,en met haar praat sodat ek haar hart kan wen. 15  En van daardie tyd af sal ek haar wingerde vir haar teruggee,+en die Agor-vallei+ sal ’n poort van hoop vir haar wees. Sy sal my daar antwoord soos in die dae van haar jeug,soos in die dag toe sy uit Egipte uitgekom het.+ 16  En in daardie dag,’ sê Jehovah,‘sal jy my “My man” noem, en jy sal my nie meer “My meester”* noem nie.’ 17  ‘Ek sal die name van die Baäl-beelde uit haar mond verwyder,+en hulle name sal nie meer onthou word nie.+ 18  In daardie dag sal ek vir hulle ’n verbond maak met die wilde diere van die veld+en met die voëls van die hemel en die kruipende diere van die aarde.+ Ek sal die boog, die swaard en oorlog uit die land wegneem,+en ek sal hulle in veiligheid laat woon.+ 19  Ek sal jou my bruid maak,* vir ewig,en ek sal my aan jou verbind* in regverdigheid en in geregtigheid,in lojale liefde en in genade.+ 20  Ek sal my aan jou verbind* in getrouheid,en jy sal Jehovah beslis ken.’+ 21  ‘In daardie dag sal ek antwoord,’ sê Jehovah,‘ek sal die hemel antwoord,en die hemel sal die aarde antwoord,+ 22  en die aarde sal die graan en die nuwe wyn en die olie antwoord,en hulle sal Jisʹreël* antwoord.+ 23  Ek sal haar vir my soos saad op die aarde saai,+en ek sal genade betoon aan haar aan wie daar nie genade betoon is nie.* Ek sal vir dié wat nie my volk is nie,* sê: “Julle is my volk,”+en hulle sal sê: “U is ons God.”’”+

Voetnote

Sien Ho 1:9, vtn.
Sien Ho 1:6, vtn.
Of “onsedelikheid; seksuele losbandigheid”.
Of “onsedelikheid; seksuele losbandigheid”.
Of “onsedelikheid; seksuele losbandigheid”.
Of “My Baäl”.
Lett. “my aan jou verloof”.
Lett. “my aan jou verloof”.
Lett. “my aan jou verloof”.
Beteken “God sal saad saai”.
Sien Ho 1:6, vtn.
Sien Ho 1:9, vtn.