Jesaja 45:1-25

  • Kores gesalf om Babilon in te neem (1-8)

  • Klei kan nie met Pottebakker stry nie (9-13)

  • Ander nasies erken Israel (14-17)

  • Wat God voorspel, is betroubaar (18-25)

    • Aarde geskep om bewoon te word (18)

45  Dít is wat Jehovah vir sy gesalfde sê, vir Kores,+wie se regterhand ek gevat het+om nasies voor hom te onderwerp,+om konings se wapens weg te neem,om voor hom die dubbele deure oop te maak,sodat die poorte nie gesluit sal wees nie:   “Ek sal voor jou uit gaan,+en ek sal die heuwels gelykmaak. Die koperdeure sal ek in stukke breek,en die ystergrendels sal ek stukkend slaan.+   Ek sal jou die skatte in die duisternis geeen die skatte wat in geheime plekke weggesteek is,+sodat jy kan weet dat ek Jehovah is,die God van Israel, wat jou op jou naam roep.+   Ter wille van my kneg Jakob en van Israel, wat ek uitgekies het,roep ek jou op jou naam. Ek sal sorg dat jy geëer word, al het jy my nie geken nie.   Ek is Jehovah, en daar is geen ander nie. Daar is geen ander God as ek nie.+ Ek sal jou krag gee, al het jy my nie geken nie,   sodat mense van die oostetot die weste* kan weet dat daar geen ander God is as ek nie.+ Ek is Jehovah, en daar is geen ander nie.+   Ek skep lig+ en duisternis.+ Ek bring vrede+ en rampspoed.+ Ek, Jehovah, doen al hierdie dinge.   O hemele, laat die reën van bo af val,+laat regverdigheid uit die wolke reën. Laat die aarde oopgaan en redding voortbringen laat dit terselfdertyd regverdigheid voortbring.+ Ek, Jehovah, het dit geskep.”   Dit sal sleg gaan met die een wat met sy Maker stry,want hy is maar net soos ’n stuk van ’n gebreekte kleipottussen al die ander stukke wat op die grond lê! Moet die klei vir die Pottebakker sê: “Wat maak jy?”+ Of moet wat gemaak is, sê: “Hy het geen hande nie”?* 10  Dit sal sleg gaan met die een wat vir ’n pa sê: “Waarvan word jy ’n pa?” en vir ’n vrou: “Waaraan gee jy geboorte?” 11  Dít is wat Jehovah sê, die Heilige van Israel,+ die Een wat hom gevorm het: “Vra jy my oor die dinge wat nog kom,en gee jy my bevele oor my kinders+ en oor die werk van my hande? 12  Ek het die aarde gemaak+ en die mens daarop geskep.+ Ek het die hemel met my eie hande uitgespan,+en ek gee bevele aan die hele leërmag daarvan.”+ 13  “Weens my regverdigheid het ek ’n man laat opstaan,+en ek sal al sy paaie gelykmaak. Hy is die een wat my stad sal bou+en wat my ballinge* sonder betaling of ’n omkoopgeskenk+ sal bevry,”+ sê Jehovah van die leërmagte. 14  Dít is wat Jehovah sê: “Die wins* van Egipte en die handelsware* van Etiopië en die Sabeërs, lang manne,sal na jou toe oorkom en joune word. Hulle sal in kettings agter jou loop. Hulle sal kom en voor jou neerbuig.+ Hulle sal vol ontsag vir jou sê: ‘God is beslis met jou,+en daar is geen ander nie. Daar is geen ander God nie.’” 15  Waarlik, u is ’n God wat uself verberg,o God van Israel, die Redder.+ 16  Hulle almal sal skaam kry en verneder word. Dié wat afgode maak, sal almal in skande weggaan.+ 17  Maar Israel sal deur Jehovah gered word met ’n ewige redding.+ Tot in alle ewigheid sal julle nie skaam kry of verneder word nie.+ 18  Want dít is wat Jehovah sê,die Skepper van die hemele,+ die ware God,die Een wat die aarde gevorm het, die Maker daarvan wat dit stewig gevestig het,+wat dit nie verniet geskep het nie,* maar wat dit gemaak het om bewoon te word:+ “Ek is Jehovah, en daar is geen ander nie. 19  Ek het nie in ’n geheime plek,+ in ’n land van donkerte, gepraat nie. Ek het nie vir die nageslag* van Jakob gesêdat hulle my verniet moet dien* nie. Ek is Jehovah, wat die waarheid praat en wat sê wat reg is.+ 20  Kom bymekaar en kom nader. Kom nader, julle wat uit die nasies gevlug het.+ Dié wat beelde ronddra, weet niks nie. Hulle bid tot ’n god wat hulle nie kan red nie.+ 21  Bring julle verslag en stel julle saak. Kom bymekaar en bespreek dit. Wie het dit lank gelede voorspelen dit lank terug vertel? Is dit nie ek, Jehovah, nie? Daar is geen ander God as ek nie. Ek is ’n regverdige God en ’n Redder,+ daar is geen ander God nie.+ 22  Vertrou op my en word gered,+ almal op die aarde,want ek is God, en daar is geen ander nie.+ 23  Ek het by myself gesweer. Die woord uit my mond is waaren sal nie terugkeer nie:+ Elke knie sal voor my buig,en elke tong sal sweer dat hy lojaal sal bly+ 24  en sal sê: ‘By Jehovah is daar ware regverdigheid en krag. Almal wat vir hom woedend word, sal skaam wees wanneer hulle voor hom verskyn. 25  Danksy Jehovah sal dit duidelik wees dat die nageslag* van Israel reg is,+en hulle sal met trots oor hom praat.’”

Voetnote

Lett. “van die sonsopkoms tot die sonsondergang”.
Of moontlik “Of moet die klei sê: ‘Jou werk het geen handvatsels nie.’”
D.w.s. mense wat uit hulle land weggevoer is.
Of moontlik “werkers”.
Of moontlik “handelaars”.
Of moontlik “nie geskep het om leeg te wees nie”.
Lett. “soek”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.