Spreuke 21:1-31

  • Jehovah kan koning se hart lei (1)

  • Om te doen wat reg is, beter as offerande (3)

  • Harde werk lei tot sukses (5)

  • Een wat armes ignoreer, sal nie gehoor word nie (13)

  • Geen wysheid teen Jehovah nie (30)

21  ’n Koning se hart is soos waterstrome in Jehovah se hand.+ Hy lei dit waarheen Hy wil.+   ’n Mens dink dat alles wat hy doen, reg is,+maar Jehovah ondersoek die hart.*+   Om te doen wat goed en reg is,is vir Jehovah beter as ’n offerande.+   Hoogmoedige oë en ’n trotse hart – die lamp wat die goddeloses lei – is sonde.+   Die planne van hardwerkende mense lei tot sukses,*+maar almal wat oorhaastig is, sal arm word.+   Om skatte deur leuens te verkry,is soos mis wat verdwyn, ’n dodelike strik.*+   Die geweld van die goddeloses sal hulle vernietig,+want hulle weier om te doen wat reg is.   Die weg van ’n skuldige man is sleg,maar ’n onskuldige man doen wat reg is.+   Dit is beter om op ’n hoek van die dak te woonas in dieselfde huis saam met ’n stryerige* vrou.+ 10  Die goddelose man smag na wat sleg is.+ Hy gee nie om vir ander mense nie.+ 11  Wanneer ’n spotter gestraf word, word die onervarenes wyser,en wanneer ’n wyse persoon insig kry, weet hy wat om te doen.*+ 12  Die Regverdige hou die huis van die goddelose dop. Hy veroorsaak die ondergang van die goddeloses.+ 13  Die een wat nie wil luister wanneer die armes om hulp roep nie,sal geen antwoord kry wanneer hy self roep nie.+ 14  ’n Geskenk wat in die geheim gegee word, laat woede afkoel,+en ’n geheime omkoopgeskenk laat groot woede bedaar. 15  Dit is vir die regverdige ’n vreugde om te doen wat reg is,+maar dit is iets verskrikliks vir die een wat goddelose dinge doen. 16  Die man wat afdwaal van die weg van insig,sal beland by dié wat magteloos is in die dood.+ 17  Die een wat agter plesier aanloop, sal arm word.+ Die een wat wyn en olie liefhet, sal nie ryk word nie. 18  Die goddelose is ’n losprys vir die regverdige,en die een wat bedrieglik is, vir die een wat reg lewe.+ 19  Dit is beter om in die wildernis te woonas saam met ’n stryerige* en moeilike vrou.+ 20  Daar is kosbare skatte en olie in die huis van die wyse,+maar die dwase man vermors wat hy het.+ 21  Die een wat regverdigheid en lojale liefde nastreef,sal die lewe, regverdigheid en eer vind.+ 22  ’n Wyse man kan teen die stadsmuur van die magtiges opklim*en die dinge* afbreek waarop hulle vertrou.+ 23  Die een wat sy mond en sy tong beheer,bly uit die moeilikheid.+ 24  Iemand word ’n vermetele,* trotse grootprater genoemas sy vermetele optrede geen perke het nie.+ 25  Die begeerte van die luiaard sal sy dood veroorsaak,want sy hande weier om te werk.+ 26  Die hele dag lank wil die luiaard net meer hê,maar die regverdige gee en hou niks terug nie.+ 27  Die offerande van die goddelose is afskuwelik.+ Hoeveel te meer wanneer hy dit met slegte bedoelings* offer! 28  ’n Getuie wat leuens vertel, sal sterf,+maar die getuienis van die man wat luister, sal suksesvol wees. 29  ’n Goddelose man maak asof hy baie selfvertroue het,+maar die weg van die getroues is seker.+ 30  Daar is geen wysheid, geen insig en geen raad teen Jehovah nie.+ 31  Die perd word vir die dag van oorlog gereedgemaak,+maar redding behoort aan Jehovah.+

Voetnote

Of “motiewe”.
Of “voordeel”.
Of moontlik “vir dié wat die dood soek”.
Of “neulerige”.
Of “verkry hy kennis”.
Of “neulerige”.
Of “kan die stad van die magtiges verower”.
Lett. “die krag”.
Iemand is vermetel as hy iets doen wat hy nie die reg of gesag het om te doen nie.
Of “saam met skandelike gedrag”.