Spring na inhoud

Bewys Messiaanse profesieë dat Jesus die Messias was?

Bewys Messiaanse profesieë dat Jesus die Messias was?

Die Bybel se antwoord

 Ja. Toe Jesus op die aarde was, het hy baie profesieë vervul oor “Messias die Leier”, die een wat die “Redder van die wêreld” sou wees (Daniël 9:25; 1 Johannes 4:14). Jesus het selfs ná sy dood aangehou om Messiaanse profesieë te vervul. — Psalm 110:1; Handelinge 2:34-36.

 Wat beteken die woord “Messias”?

 Die Hebreeuse woord Ma·sjiʹach (Messias) en die Griekse woord Khri·stos (Christus) beteken albei “Gesalfde”. Daarom beteken “Jesus Christus” dieselfde as “Jesus die Gesalfde”, of “Jesus die Messias”.

 In Bybelse tye is ’n persoon dikwels met olie gesalf wat op sy kop gegooi is wanneer hy ’n spesiale posisie van gesag ontvang het (Levitikus 8:12; 1 Samuel 16:13). Jesus is deur God aangestel om die Messias te wees — ’n posisie van groot gesag (Handelinge 2:36). God het Jesus nie met olie gesalf nie, maar eerder met heilige gees. — Matteus 3:16.

 Kon meer as een persoon die profesieë oor die Messias vervul?

 Nee. Net soos ’n vingerafdruk net een persoon identifiseer, verwys die vervulling van Bybelprofesieë net na een Messias, of Christus. Maar die Bybel het gewaarsku dat “valse Christusse en valse profete sal opstaan en . . . groot tekens en wonders [sal] doen om, indien moontlik, selfs die uitverkorenes te mislei”. — Matteus 24:24.

 Gaan die Messias nie dalk in die toekoms verskyn nie?

 Nee. Die Bybel het voorspel dat die Messias ’n nakomeling van koning Dawid van Israel sou wees (Psalm 89:3, 4). Maar die Joodse geslagsregisters wat tot in Dawid se tyd teruggaan, bestaan nie meer nie. Dit lyk asof dit vernietig is toe die Romeine Jerusalem in 70 HJ vernietig het. a Van daardie tyd af kon niemand bewys dat hulle van die koninklike familie van Dawid is nie. Maar daardie geslagsregisters het wel in Jesus se tyd bestaan, en daarom kon selfs sy vyande nie ontken dat hy ’n nakomeling van Dawid is nie. — Matteus 22:41-46.

 Hoeveel profesieë oor die Messias is daar in die Bybel?

 Dit is nie moontlik om presies te tel hoeveel profesieë daar oor die Messias is nie. Byvoorbeeld, die manier hoe profesieë getel word, kan verskil selfs vir gedeeltes wat duidelik oor die Messias gaan. Jesaja 53:2-7 noem verskillende kenmerke wat sou help om die Messias te identifiseer. Party sal hierdie gedeelte dalk as een profesie sien, terwyl ander elke kenmerk as ’n aparte profesie beskou.

 Party profesieë oor die Messias wat Jesus vervul het

Profesie

Teks

Vervulling

Abraham se nageslag

Genesis 22:17, 18

Matteus 1:1

Nageslag van Abraham se seun Isak

Genesis 17:19

Matteus 1:2

Uit die Israelitiese stam Juda gebore

Genesis 49:10

Matteus 1:1, 3

Uit die koninklike geslagslyn van Dawid

Jesaja 9:7

Matteus 1:1

Uit ’n maagd gebore

Jesaja 7:14

Matteus 1:18, 22, 23

In Betlehem gebore

Miga 5:2

Matteus 2:1, 5, 6

Word Immanuel genoem b

Jesaja 7:14

Matteus 1:21-23

Eenvoudige begin

Jesaja 53:2

Lukas 2:7

Jong kinders ná sy geboorte doodgemaak

Jeremia 31:15

Matteus 2:16-18

Uit Egipte geroep

Hosea 11:1

Matteus 2:13-15

Is ’n Nasarener genoem c

Jesaja 11:1

Matteus 2:23

’n Boodskapper kom voordat die Messias verskyn

Maleagi 3:1

Matteus 11:7-10

In 29 HJ as Messias gesalf d

Daniël 9:25

Matteus 3:13-17

Word deur God erken as Sy Seun

Psalm 2:7

Handelinge 13:33, 34

Ywerig vir God se huis

Psalm 69:9

Johannes 2:13-17

Verkondiger van die goeie nuus

Jesaja 61:1

Lukas 4:16-21

Openbare bediening in Galilea ’n groot lig

Jesaja 9:1, 2

Matteus 4:13-16

Doen wonderwerke soos Moses

Deuteronomium 18:15

Handelinge 2:22

Soos Moses het hy God se gedagtes gespreek

Deuteronomium 18:18, 19

Johannes 12:49

Het die siektes van baie genees

Jesaja 53:4

Matteus 8:16, 17

Het nie die aandag op homself gevestig nie

Jesaja 42:2

Matteus 12:17, 19

Het omgegee vir dié wat swaarkry

Jesaja 42:3

Matteus 12:9-20; Markus 6:34

Het God se geregtigheid geopenbaar

Jesaja 42:1, 4

Matteus 12:17-20

’n Wonderlike Raadgewer

Jesaja 9:6, 7

Johannes 6:68

Het God se naam bekendgemaak

Psalm 22:22

Johannes 17:6

Het illustrasies gebruik

Psalm 78:2

Matteus 13:34, 35

’n Leier

Daniël 9:25

Matteus 23:10

Baie het nie in hom geglo nie

Jesaja 53:1

Johannes 12:37, 38

’n Steen van struikeling

Jesaja 8:14, 15

Matteus 21:42-44

Verwerp deur mense

Psalm 118:22, 23

Handelinge 4:10, 11

Gehaat sonder rede

Psalm 69:4

Johannes 15:24, 25

Kom triomfantlik in Jerusalem in op ’n donkie

Sagaria 9:9

Matteus 21:4-9

Geprys deur kinders

Psalm 8:2

Matteus 21:15, 16

Het in Jehovah se naam gekom

Psalm 118:26

Johannes 12:12, 13

Verraai deur iemand wat hy vertrou het

Psalm 41:9

Johannes 13:18

Verraai vir 30 silwerstukke e

Sagaria 11:12, 13

Matteus 26:14-16; 27:3-10

Vriende het hom verlaat

Sagaria 13:7

Matteus 26:31, 56

Valse getuies het teen hom getuig

Psalm 35:11

Matteus 26:59-61

Het stil gebly voor sy beskuldigers

Jesaja 53:7

Matteus 27:12-14

Is op gespoeg

Jesaja 50:6

Matteus 26:67; 27:27, 30

Is op die kop geslaan

Miga 5:1

Markus 15:19

Met ’n sweep geslaan

Jesaja 50:6

Johannes 19:1

Het nie terugbaklei toe hy geslaan is nie

Jesaja 50:6

Johannes 18:22, 23

Regeringsleiers het teen hom gekonkel

Psalm 2:2

Lukas 23:10-12

Vasgespyker aan ’n paal deur sy hande en voete

Psalm 22:16

Matteus 27:35; Johannes 20:25

Mense het die lot gewerp (gedobbel) vir sy klere

Psalm 22:18

Johannes 19:23, 24

Saam met die sondaars getel

Jesaja 53:12

Matteus 27:38

Bespot, beledig

Psalm 22:7, 8

Matteus 27:39-43

Deur pyn en lyding gegaan vir sondaars

Jesaja 53:5, 6

1 Petrus 2:23-25

Dit het gelyk asof God hom verlaat het

Psalm 22:1

Markus 15:34

Is asyn en gal gegee om te drink

Psalm 69:21

Matteus 27:34

Dors net voor dood

Psalm 22:15

Johannes 19:28, 29

Het gees aan God toevertrou

Psalm 31:5

Lukas 23:46

Het sy lewe opgeoffer

Jesaja 53:12

Markus 15:37

Het die losprys voorsien om sonde weg te neem

Jesaja 53:12

Matteus 20:28

Bene nie gebreek nie

Psalm 34:20

Johannes 19:31-33, 36

Deurboor

Sagaria 12:10

Johannes 19:33-35, 37

Begrawe met die rykes

Jesaja 53:9

Matteus 27:57-60

Opgewek uit die dood

Psalm 16:10

Handelinge 2:29-31

Verraaier is vervang

Psalm 109:8

Handelinge 1:15-20

Sit aan God se regterhand

Psalm 110:1

Handelinge 2:34-36

a McClintock en Strong se Cyclopedia sê: “Daar bestaan min twyfel dat die geslagsregisters van die Joodse stamme en families met die vernietiging van Jerusalem verlore gegaan het, en nie vroeër nie.”

b Die Hebreeuse naam Immanuel beteken “Met ons is God”. Dit is ’n goeie beskrywing van Jesus se rol as die Messias. Sy werke en ook die feit dat hy op die aarde was, het bewys dat God met Sy aanbidders is. — Lukas 2:27-32; 7:12-16.

c Die woord “Nasarener” kom blykbaar van die Hebreeuse woord neʹtser, wat “spruit” beteken.

d Vir meer details oor hoe die Bybel se chronologie wys dat die jaar 29 HJ die jaar van die Messias se koms is, sien die artikel “Hoe Daniël se profesie die koms van die Messias voorspel”.

e Hierdie profesie is in die boek Sagaria, maar die Bybelskrywer Matteus sê dat dit “gespreek is deur middel van die profeet Jeremia” (Matteus 27:9). Dit lyk asof die boek Jeremia soms eerste in die deel van die Bybel gesit is wat “die Profete” genoem is (Lukas 24:44). Matteus het blykbaar van “Jeremia” gepraat om na daardie hele versameling boeke te verwys, wat die boek Sagaria insluit.