Genesis 17:1-27

  • Abraham sal vader van baie nasies word (1-8)

    • Abram se naam verander na Abraham (5)

  • Verbond van die besnydenis (9-14)

  • Sarai se naam verander na Sara (15-17)

  • Seun belowe, Isak (18-27)

17  Toe Abram 99 jaar oud was, het Jehovah aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Ek is God die Almagtige. Lewe in ooreenstemming met my wil* en lei ’n rein lewe.*  Ek sal ’n verbond met jou maak,+ en ek sal jou baie vermeerder.”+  Toe het Abram met sy gesig na die grond toe neergebuig, en God het verder vir hom gesê:  “Ek het ’n verbond met jou gemaak,+ en jy sal beslis die vader van baie nasies word.+  Jou naam sal nie meer Abram* wees nie, maar Abraham,* want ek sal jou die vader van baie nasies maak.  Ek sal jou baie vrugbaar maak en jou die voorvader van nasies maak, en konings sal van jou afstam.+  “En ek sal my verbond met jou+ en jou nageslag* nakom tot in al hulle geslagte, as ’n ewige verbond, sodat ek God kan wees vir jou en jou nageslag.*  En ek sal aan jou en jou nageslag* die land gee waarin jy as ’n uitlander gewoon het+ – die hele land Kanaän – as ’n permanente besitting, en ek sal hulle God wees.”+  God het verder vir Abraham gesê: “Wat jou betref, jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag* in al hulle geslagte. 10  Dít is my verbond tussen my en julle wat julle en julle nageslag* moet nakom: Almal wat manlik is onder julle, moet besny word.+ 11  Julle moet julle laat besny, en dit sal ’n teken wees van die verbond tussen my en julle.+ 12  In al julle geslagte moet elke manlike persoon onder julle wat agt dae oud is, besny word,+ elkeen wat in julle huise gebore is en elkeen wat nie van julle nageslag* is nie en wat by ’n uitlander gekoop is. 13  Elke man wat in jou huis gebore is en elke man wat met jou geld gekoop is, moet besny word.+ Hierdie teken op julle liggame sal dien as bewys van my permanente verbond met julle. 14  As ’n man hom nie wil laat besny nie, moet daardie persoon doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word. Hy het my verbond verbreek.” 15  Toe het God vir Abraham gesê: “Wat Sarai,* jou vrou,+ betref, jy moet haar nie Sarai noem nie, want Sara* sal haar naam wees. 16  Ek sal haar seën, en ek sal ook deur middel van haar vir jou ’n seun gee.+ Ek sal haar seën, en nasies sal van haar afstam. Konings van volke sal uit haar voortkom.” 17  Daarna het Abraham met sy gesig na die grond toe neergebuig en begin lag en in sy hart gesê:+ “Sal daar vir ’n man wat 100 jaar oud is, ’n kind gebore word, en sal Sara, ’n vrou wat 90 jaar oud is, geboorte gee?”+ 18  Abraham het dus vir die ware God gesê: “O, mag Isʹmael voor u lewe!”+ 19  Toe het God gesê: “Sara, jou vrou, sal beslis vir jou aan ’n seun geboorte gee, en jy moet hom Isak*+ noem. Dit is met hom wat ek my verbond sal bevestig as ’n ewige verbond vir sy nageslag.*+ 20  Maar wat Isʹmael betref, ek het jou gehoor. Ek sal hom seën en hom vrugbaar maak en hom baie vermeerder. Twaalf hoofmanne sal van hom afstam, en ek sal hom ’n groot nasie laat word.+ 21  Maar dit is met Isak wat ek my verbond sal bevestig.+ Sara sal volgende jaar hierdie tyd aan hom geboorte gee.”+ 22  Nadat God met Abraham gepraat het, het Hy van hom af weggegaan. 23  Abraham het toe sy seun Isʹmael geneem, sowel as al die manne wat in sy huis gebore is en almal wat hy gekoop het, almal wat manlik was in sy huis, en hy het hulle op daardie selfde dag besny, net soos God vir hom gesê het.+ 24  Abraham was 99 jaar oud toe hy hom laat besny het.+ 25  En sy seun Isʹmael was 13 jaar oud toe hy hom laat besny het.+ 26  Op daardie selfde dag is Abraham en sy seun Isʹmael besny. 27  Al die manne van sy huis, elkeen wat in sy huis gebore is en elkeen wat by ’n uitlander gekoop is, is ook saam met hom besny.

Voetnote

Lett. “Wandel voor my”.
Of “en wees onberispelik”.
Beteken “vader is hoog (verhewe)”.
Beteken “vader van ’n skare (menigte); vader van baie”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Beteken moontlik “stryerig”.
Beteken “prinses”.
Lett. “saad”.
Beteken “gelag”.