Psalms 41:1-13

  • Gebed op siekbed

    • God ondersteun die sieke (3)

    • Verraai deur hegte vriend (9)

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid. 41  Gelukkig is elkeen wat aandag gee aan die hulpelose.+ Jehovah sal hom in die dag van rampspoed red.   Jehovah sal hom beskerm en sy lewe bewaar. Hy sal gelukkig genoem word op die aarde.+ U sal hom nooit oorlewer aan sy vyande* nie.+   Jehovah sal hom op sy siekbed ondersteun.+ Gedurende sy siekte sal u sy bed heeltemal verander.   Want ek het gesê: “O Jehovah, wees genadig teenoor my.+ Genees my,+ want ek het teen u gesondig.”+   Maar my vyande praat sleg van my: “Wanneer sal hy doodgaan en sal sy naam verdwyn?”   As een van hulle my kom sien, vertel sy hart leuens. Hy kry iets skadeliks om te sê,en dan gaan hy uit en versprei dit oral.   Almal wat my haat, fluister vir mekaaren beplan slegte dinge teen my:   “Hy het iets verskrikliks oorgekom. Noudat hy lê, sal hy nie weer opstaan nie.”+   Selfs die man wat in vrede met my gelewe het, die een wat ek vertrou het,+wat my brood geëet het, het sy hakskeen teen my opgelig.*+ 10  Maar u, o Jehovah, wees genadig teenoor my en help my op,sodat ek hulle kan terugbetaal. 11  Hieraan sal ek weet dat ek u goedkeuring geniet: Wanneer my vyand nie kan uitroep omdat hy my oorwin het nie.+ 12  U ondersteun my weens my integriteit.*+ U sal my vir ewig in u teenwoordigheid hou.+ 13  Mag Jehovah, die God van Israel, geloof wordtot in alle ewigheid.*+ Amen en Amen.

Voetnote

Of “die begeerte van sy vyande”.
Of “het teen my gedraai”.
Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.
Of “van ewigheid tot ewigheid”.