Volgens Matteus 2:1-23

  • Besoek van sterrevoorspellers (1-12)

  • Vlug na Egipte (13-15)

  • Herodes maak seuntjies dood (16-18)

  • Terug na Nasaret (19-23)

2  Nadat Jesus in koning Herodes*+ se tyd in Betlehem+ in Judeʹa gebore is, het sterrevoorspellers* uit die Ooste na Jerusalem toe gekom  en gevra: “Waar is die kind wat as koning van die Jode gebore is?+ Want ons het sy ster gesien toe ons in die Ooste was, en ons het gekom om aan hom eer te bewys.”*  Toe koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld, en die hele Jerusalem saam met hom.  Hy het al die hoofpriesters en skrifgeleerdes van die volk bymekaargeroep en vir hulle gevra waar die Christus* gebore sou word.  Hulle het vir hom gesê: “In Betlehem+ in Judeʹa, want die profeet het geskryf:  ‘En jy, o Betlehem van die land van Juda, is glad nie die onbelangrikste stad onder die leiers van Juda nie, want uit jou sal ’n leier kom, wat ’n herder vir my volk Israel sal wees.’”+  Toe het Herodes die sterrevoorspellers in die geheim laat roep en by hulle uitgevind presies wanneer die ster verskyn het.  Hy het hulle na Betlehem gestuur met die opdrag: “Gaan soek oral na die jong kind, en wanneer julle hom gevind het, moet julle vir my kom sê sodat ek ook kan gaan om aan hom eer te bewys.”  Nadat die koning met hulle gepraat het, het hulle vertrek. Die ster wat hulle gesien het toe hulle in die Ooste was,+ het voor hulle uit gegaan en het bo die plek waar die jong kind was, gaan staan. 10  Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly. 11  Hulle het in die huis ingegaan en die jong kind by sy ma, Maria, gesien. Toe het hulle neergeval en aan hom eer bewys.* Hulle het ook hulle skatte oopgemaak en vir hom geskenke gegee: goud, wierook en mirre. 12  Maar hulle het in ’n droom ’n waarskuwing van God ontvang+ om nie na Herodes toe terug te gaan nie, en daarom het hulle met ’n ander pad na hulle land teruggegaan. 13  Nadat hulle vertrek het, kyk! toe het Jehovah* se engel in ’n droom aan Josef verskyn+ en gesê: “Staan op, neem die jong kind en sy ma en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek vir jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die jong kind te soek om hom dood te maak.” 14  Toe het Josef in die nag opgestaan en met die jong kind en sy ma na Egipte gegaan. 15  Hy het tot Herodes se dood daar gebly. Dit het vervul wat Jehovah* deur middel van sy profeet gesê het: “Uit Egipte het ek my seun geroep.”+ 16  Toe Herodes sien dat die sterrevoorspellers nie gedoen het wat hy gesê het nie, het hy woedend geword. Hy het beveel dat al die seuntjies van twee jaar en jonger in Betlehem en in die omliggende gebiede doodgemaak moet word. Dit was op grond van wat hy by die sterrevoorspellers uitgevind het oor die tyd van die ster se verskyning.+ 17  Toe is vervul wat deur middel van die profeet Jeremia gesê is: 18  “’n Stem is in Rama gehoor, ’n gehuil en ’n groot getreur. Dit was Ragel+ wat oor haar kinders huil, en sy wou haar nie laat troos nie, want hulle is nie meer daar nie.”+ 19  Toe Herodes gesterf het, kyk! toe het Jehovah* se engel in ’n droom aan Josef in Egipte verskyn+ 20  en gesê: “Staan op, neem die jong kind en sy ma en gaan na die land van Israel, want die mense wat die jong kind wou doodmaak, is dood.” 21  Hy het dus opgestaan en die jong kind en sy ma geneem en na die land van Israel gegaan. 22  Maar toe hy hoor dat Argelaʹus in die plek van sy pa, Herodes, oor Judeʹa regeer, was hy bang om soontoe te gaan. En omdat God hom ook in ’n droom gewaarsku het,+ het hy weggegaan na die gebied van Galileʹa.+ 23  Hy het in ’n stad met die naam Naʹsaret gaan woon,+ sodat vervul sou word wat deur middel van die profete gesê is: “Hy sal ’n Nasarener*+ genoem word.”

Voetnote

Of “towenaars”.
Of “om voor hom neer te buig”.
Of “die Messias; die Gesalfde”.
Of “en voor hom neergebuig”.
Waarskynlik van die Hebreeuse woord vir “spruit”.