Volgens Johannes 17:1-26

  • Jesus se laaste gebed saam met apostels (1-26)

    • Leer ken God om ewige lewe te ontvang (3)

    • Christene geen deel van wêreld (14-16)

    • “U woord is die waarheid” (17)

    • ‘Ek het u naam bekend gemaak’ (26)

17  Nadat Jesus hierdie dinge gesê het, het hy na die hemel opgekyk en gesê: “Vader, die uur het gekom. Verheerlik u seun, sodat u seun u kan verheerlik.+  U het hom gesag oor alle mense* gegee,+ sodat hy ewige lewe kan gee+ aan almal wat u aan hom gegee het.+  Om die ewige lewe te ontvang,+ moet hulle u leer ken,* die enigste ware God,+ en ook die een wat u gestuur het, Jesus Christus.+  Ek het u op die aarde verheerlik,+ omdat ek die werk voltooi het wat u my gegee het om te doen.+  En nou, Vader, verheerlik my met die eer wat ek by u gehad het voordat die wêreld daar was.+  “Ek het u naam bekend gemaak aan die mense wat u aan my uit die wêreld gegee het.+ Hulle het aan u behoort, en u het hulle aan my gegee, en hulle het u woord gehoorsaam.  Hulle weet nou dat alles wat u aan my gegee het, van u af kom,  want ek het die woorde wat u aan my gegee het,+ aan hulle gegee. Hulle het dit aanvaar en weet nou beslis dat ek as u verteenwoordiger gekom het,+ en hulle het geglo dat u my gestuur het.+  Ek bid vir hulle. Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir dié wat u aan my gegee het, omdat hulle aan u behoort. 10  Alles wat myne is, behoort aan u, en wat aan u behoort, is myne,+ en ek is deur hulle verheerlik. 11  “Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld,+ en ek kom na u toe. Heilige Vader, waak oor hulle+ ter wille van u naam, die naam wat u my gegee het, sodat hulle een* kan wees net soos ons een* is.+ 12  Toe ek by hulle was, het ek oor hulle gewaak+ ter wille van u naam, die naam wat u my gegee het. Ek het hulle beskerm, en nie een van hulle is vernietig nie,+ behalwe die seun van die vernietiging,+ sodat die Skrifgedeelte vervul sou word.+ 13  Maar nou kom ek na u toe, en ek sê hierdie dinge in die wêreld sodat hulle die vreugde wat ek het, ten volle kan ervaar.+ 14  Ek het u woord aan hulle gegee, maar die wêreld het hulle gehaat, want hulle is geen deel van die wêreld nie,+ net soos ek geen deel van die wêreld is nie. 15  “Ek vra nie dat u hulle uit die wêreld neem nie, maar dat u hulle teen die Duiwel* beskerm.+ 16  Hulle is geen deel van die wêreld nie,+ net soos ek geen deel van die wêreld is nie.+ 17  Maak hulle heilig* deur middel van die waarheid.+ U woord is die waarheid.+ 18  Net soos u my in die wêreld ingestuur het, het ek hulle ook in die wêreld ingestuur.+ 19  En ek heilig my ter wille van hulle, sodat hulle ook deur middel van die waarheid geheilig kan word. 20  “Ek bid nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde geloof in my stel. 21  Vader, op hierdie manier kan hulle almal een wees+ en in eenheid met ons wees, net soos u in eenheid met my is en ek in eenheid met u.+ As gevolg hiervan kan die wêreld glo dat u my gestuur het. 22  Ek het hulle die eer gegee wat u aan my gegee het, sodat hulle een kan wees net soos ons een is.+ 23  Ek is in eenheid met hulle en u is in eenheid met my, sodat hulle heeltemal verenig kan word. Hierdeur kan die wêreld weet dat u my gestuur het en dat u hulle liefgehad het net soos u my liefgehad het. 24  Vader, ek wil hê dat dié wat u aan my gegee het, saam met my moet wees,+ sodat hulle die heerlikheid kan sien wat u my gegee het, want u het my voor die begin van die mensdom* liefgehad.+ 25  Regverdige Vader, die wêreld het u nie leer ken nie,+ maar ek ken u,+ en diegene wat u aan my gegee het, weet dat u my gestuur het. 26  Ek het u naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak,+ sodat die liefde waarmee u my liefgehad het, in hulle kan wees en ek in eenheid met hulle.”+

Voetnote

Lett. “vlees”.
Of “moet hulle kennis inneem van u”.
Of “in eenheid”.
Of “in eenheid”.
Lett. “die Bose”.
Of “Sonder hulle af; Heilig hulle”.
Of “grondlegging van die wêreld”.