Jesaja 42:1-25

  • God se kneg en sy opdrag (1-9)

    • ‘Jehovah is my naam’ (8)

  • Nuwe loflied vir Jehovah (10-17)

  • Israel is blind en doof (18-25)

42  Kyk! My kneg,+ wat ek ondersteun! Die een wat ek uitgekies het+ en wat ek* goedgekeur het!+ Ek het my gees in hom geplaas.+ Hy sal geregtigheid vir die nasies bring.+   Hy sal nie uitroep of skree nie,en hy sal nie sy stem in die straat laat hoor nie.+   Hy sal nie ’n geknakte riet breekof ’n lamppit wat dof brand, uitdoof nie.+ Hy is betroubaar en sal geregtigheid bring.+   Hy sal nie swak word of geknak word totdat hy geregtigheid op die aarde gevestig het nie.+ Die eilande wag ook vir sy wet.*   Dít is wat die ware God, Jehovah, sê,die Skepper van die hemele en die Een wat dit uitgespan het,+die Een wat die aarde en die opbrengs daarvan uitgesprei het,+die Een wat asem aan die mense daarop gee,+en gees aan dié wat daarop loop:+   “Ek, Jehovah, het jou in regverdigheid geroep. Ek het jou hand gevat. Ek sal jou beskerm en jou as ’n verbond vir die volk+en as ’n lig vir die nasies gee,+   sodat jy die blindes kan laat sien,+die gevangenes uit die tronk kan lei,en dié wat in die duisternis is, uit die gevangenis kan lei.+   Ek is Jehovah. Dit is my naam. Ek gee my heerlikheid aan niemand anders nie,*en ook nie my lof aan beelde nie.+   Kyk! Die eerste dinge het gebeur. Nou kondig ek nuwe dinge aan. Voordat dit gebeur, vertel ek julle daarvan.”+ 10  Sing vir Jehovah ’n nuwe lied,+sing lofliedere vir hom van die eindes van die aarde af,+julle wat na die see gaan en alles wat daarin is,en julle, o eilande, en dié wat daarop woon.+ 11  Laat die wildernis en sy stede uitroep,+ook die plekke waar Kedar+ woon. Laat dié wat op die krans woon, uitroep van vreugde. Laat hulle van die toppe van die berge af uitroep. 12  Laat hulle Jehovah verheerliken hom op die eilande loof.+ 13  Jehovah sal soos ’n magtige vegter uitgaan,soos ’n soldaat wat gretig is om te veg.+ Hy sal hard uitroep, ja, hy sal ’n oorlogskreet skree. Hy sal wys dat hy magtiger is as sy vyande.+ 14  “Ek het lank stilgebly. Ek het niks gesê nie en my ingehou. Soos ’n vrou wat geboorte gee,sal ek kreun, hyg en na asem snak. 15  Ek sal berge en heuwels verwoesen al hulle plante laat verdroog. Ek sal riviere in eilande veranderen rietpoele laat opdroog.+ 16  Ek sal die blindes lei op ’n weg wat hulle nie ken nie+en hulle op onbekende paaie laat loop.+ Ek sal die duisternis voor hulle in lig verander+en die ongelyke terrein gelykmaak.+ Dit is wat ek vir hulle sal doen, en ek sal hulle nie verlaat nie.” 17  Dié wat op beelde vertrou,dié wat vir metaalbeelde sê: “Julle is ons gode,” sal moet vlug en sal heeltemal verneder word.+ 18  Luister, julle wat doof is. Kyk en sien, julle wat blind is.+ 19  Niemand is so blind soos my kneg,so doof soos die boodskapper wat ek stuur nie. Niemand is so blind soos die een wat beloon is,so blind soos die kneg van Jehovah nie.+ 20  Jy sien baie dinge, maar jy skenk nie aandag nie. Jou ore is oop, maar jy luister nie.+ 21  Ter wille van sy regverdigheidhet Jehovah dit goedgevind om die wet* groot en glorieryk te maak. 22  Maar hierdie volk is beroof en gestroop.+ Hulle almal word in gate gevange gehou en is in tronke opgesluit.+ Hulle is beroof, en daar was niemand om hulle te red nie.+ Hulle is weggeneem, en daar was niemand om te sê: “Bring hulle terug!” nie. 23  Wie van julle sal hierna luister? Wie sal aandag skenk en daaruit leer vir die toekoms? 24  Wie het Jakob oorgegee aan rowers,en Israel aan plunderaars? Is dit nie Jehovah, die Een teen wie ons gesondig het nie? Hulle het geweier om Sy weë te volg,en hulle het nie Sy wet* gehoorsaam nie.+ 25  Daarom het Hy woedend geword vir hulle en aangehou om hulle te straf met oorlogsgeweld.+ Dit het alles verteer wat om hulle was, maar hulle het geen aandag geskenk nie.+ Dit het teen hulle opgevlam, maar hulle het hulle nie daaraan gesteur nie.+

Voetnote

Of “my siel”.
Of “onderrigting”.
Of “Ek deel nie my heerlikheid met enigiemand anders nie”.
Of “onderrigting”.
Of “onderrigting”.