Miga 5:1-15

  • Heerser wie se grootheid tot aan eindes van aarde sal reik (1-6)

    • Heerser sal uit Betlehem kom (2)

  • Oorblywendes soos dou en soos leeu (7-9)

  • Land sal gereinig word (10-15)

5  “Nou sny jy jou stukkend, o dogter wat aangeval word. Ons word beleër.+ Hulle slaan die regter van Israel met ’n stok op die wang.+   En jy, o Betlehem Eʹfrata,+wat te klein is om onder die duisende* van Juda genoem te word,uit jou sal daar vir my die een kom wat heerser in Israel sal wees.+ Sy oorsprong is uit die verre verlede, uit die dae van lank gelede.   Daarom sal hy hulle verlaattotdat sy wat geboorte moet gee, wel geboorte gee. En die res van sy broers sal na die Israeliete terugkeer.   Hy sal opstaan en as herder optree in die krag van Jehovah,+in die magtige naam van Jehovah sy God. En hulle sal in veiligheid woon,+want dan sal sy grootheid tot aan die eindes van die aarde reik.+   En hy sal vrede bring.+ As die Assiriër ons land binneval en ons versterkte torings vertrap,+sal ons sewe herders teen hom laat opstaan, ja, agt prinse* uit die mensdom.   Hulle sal met die swaard as herder optree teen die land Assiʹrië+en teen die land van Nimrod+ by sy ingange. En hy sal ons van die Assiriër red+wanneer hy ons land binneval en in ons gebied kom.   Die oorblywendes van Jakob sal tussen baie volke weessoos dou van Jehovahen soos reënbuie op die plante,wat nie op die mens hoopof op die mensekinders wag nie.   Die oorblywendes van Jakob sal onder die nasies wees,tussen baie volke,soos ’n leeu onder die diere van ’n woud,soos ’n jong leeu* onder troppe skape,wat tussen hulle deurgaan en vertrap en verskeur,en daar is niemand wat hulle kan red nie.   Jy sal jou teenstanders oorwin,*en al jou vyande sal vernietig word.” 10  “In daardie dag,” sê Jehovah,“sal ek jou perde uitroei en jou strydwaens vernietig. 11  Ek sal die stede van jou land vernietigen al jou versterkte plekke afbreek. 12  Ek sal ’n einde maak aan jou towery,en niemand wat toorkuns beoefen, sal in jou oorbly nie.+ 13  Ek sal jou beelde en jou pilare vernietig,en jy sal nie meer voor die werk van jou hande neerbuig nie.+ 14  Ek sal jou heilige pale* uitruk+en jou stede vernietig. 15  In vurige woede sal ek wraak neemop die nasies wat nie gehoorsaam was nie.”

Voetnote

Of “familiegroepe”.
Of “hertoë; leiers”.
Of “jong maanhaarleeu”.
Lett. “Jou hand sal hoog oor jou teenstanders wees”.