Volgens Matteus 4:1-25

  • Die Duiwel versoek Jesus (1-11)

  • Jesus begin in Galilea preek (12-17)

  • Eerste dissipels word geroep (18-22)

  • Jesus preek, onderrig en genees (23-25)

4  Daarna is Jesus deur die gees in die wildernis in gelei om deur die Duiwel+ versoek+ te word.  Nadat hy 40 dae en 40 nagte gevas het, was hy honger.  En die Versoeker+ het gekom en vir hom gesê: “As jy ’n seun van God is, sê vir hierdie klippe om brode te word.”  Maar hy het geantwoord: “Daar staan geskryf: ‘Die mens moenie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat uit Jehovah* se mond kom.’”+  Toe het die Duiwel hom na die heilige stad geneem,+ en hy het hom op die muur* van die tempel laat staan+  en vir hom gesê: “As jy ’n seun van God is, spring af, want daar staan geskryf: ‘Hy sal sy engele beveel om jou te beskerm’, en: ‘Hulle sal jou op hulle hande dra, sodat jy nie jou voet teen ’n klip stamp nie.’”+  Jesus het vir hom gesê: “Daar staan ook geskryf: ‘Jy mag Jehovah* jou God nie toets nie.’”+  Daarna het die Duiwel hom na ’n baie hoë berg geneem en vir hom al die koninkryke van die wêreld en hulle mag en rykdom gewys.+  En hy het vir hom gesê: “Ek sal al hierdie dinge vir jou gee as jy neerval en my een keer aanbid.” 10  Toe het Jesus vir hom gesê: “Gaan weg, Satan! Want daar staan geskryf: ‘Jy moet Jehovah* jou God aanbid+ en hom alleen dien.’”*+ 11  Toe het die Duiwel van hom af weggegaan,+ en kyk! engele het gekom en in sy behoeftes voorsien.*+ 12  En toe hy hoor dat Johannes in hegtenis geneem is,+ het hy na Galileʹa gegaan.+ 13  Nadat hy Naʹsaret verlaat het, het hy in Kaperʹnaum+ by die see gaan woon, in die gebied van Seʹbulon en Nafʹtali, 14  sodat vervul sou word wat deur middel van die profeet Jesaja gesê is: 15  “O land van Seʹbulon en land van Nafʹtali, wat langs die pad na die see is, aan die oorkant van die Jordaanrivier, Galileʹa van die nasies! 16  Die volk wat in die duisternis gesit het, het ’n groot lig gesien, en lig het begin skyn+ op die inwoners van ’n gebied wat in die skaduwee van die dood was.”+ 17  Van daardie tyd af het Jesus begin preek en gesê: “Toon berou, want die Koninkryk van die hemel het naby gekom.”+ 18  Terwyl hy langs die See van Galileʹa geloop het, het hy twee broers gesien: Simon, wat Petrus+ genoem word, en sy broer Andreʹas. Hulle was besig om ’n net in die see uit te gooi, want hulle was vissermanne.+ 19  Hy het vir hulle gesê: “Kom volg my, en ek sal julle vissers van mense maak.”+ 20  Hulle het dadelik hulle nette gelos en hom gevolg.+ 21  Toe hy verder gaan, het hy twee ander broers gesien: Jakobus, die seun van Sebedeʹus, en sy broer Johannes.+ Hulle was in die boot saam met hulle pa, Sebedeʹus, terwyl hulle hulle nette reggemaak het, en Jesus het hulle geroep.+ 22  Hulle het die boot en hulle pa dadelik agtergelaat en hom gevolg. 23  Toe het hy deur die hele Galileʹa gegaan+ en in hulle sinagoges geleer+ en die goeie nuus van die Koninkryk verkondig en elke soort siekte en elke soort kwaal onder die volk genees.+ 24  En die nuus oor hom het deur die hele Sirië versprei, en hulle het almal na hom toe gebring wat weens allerhande siektes en pyne gely het,+ sowel as mense in wie daar demone was,+ wat aan epilepsie gely het+ en wat verlam was, en hy het hulle genees. 25  Gevolglik het groot groepe mense hom gevolg uit Galileʹa en die Dekapoʹlis* en Jerusalem en Judeʹa en van oorkant die Jordaanrivier.

Voetnote

Of “hoogste punt”.
Of “aan hom alleen heilige diens verrig”.
Of “en hom versterk”.
Of “die Streek van Tien Stede”.