Psalms 94:1-23

  • Gebed dat God wraak sal neem

    • “Hoe lank sal die goddeloses aanhou?” (3)

    • Jah se dissipline bring geluk (12)

    • God sal sy volk nie verlaat nie (14)

    • ‘Moeilikheid in naam van wet’ (20)

94  O God van wraak, Jehovah,+o God van wraak, openbaar u heerlikheid!   Staan op, o Regter van die aarde.+ Gee die hoogmoediges hulle verdiende loon.+   Hoe lank sal die goddeloses, o Jehovah,hoe lank sal die goddeloses aanhou om van vreugde uit te roep?+   Hulle babbel en praat hoogmoedig. Almal wat slegte dinge doen, spog oor hulleself.   Hulle vertrap u volk, o Jehovah,+en hulle onderdruk u erfdeel.   Hulle maak die weduwee en die uitlander dood,en hulle vermoor die weeskinders.*   Hulle sê: “Jah sien dit nie.+ Die God van Jakob skenk nie aandag daaraan nie.”+   Verstaan tog, o onverstandige mense. O julle dwase mense, wanneer sal julle ooit insig toon?+   Kan die Een wat die oor gemaak* het, nie hoor nie? Kan die Een wat die oog gevorm het, nie sien nie?+ 10  Kan die Een wat die nasies dissiplineer, nie teregwys nie?+ Hy is die Een wat kennis aan mense oordra!+ 11  Jehovah ken die gedagtes van mense. Hy weet dat dit maar net soos asem is.+ 12  Gelukkig is die man wat deur u gedissiplineer word, o Jah,+wat deur u uit u wet geleer word,+ 13  sodat u hom kalmte kan gee in dae van rampspoed,totdat ’n put vir die goddeloses gegrawe is.+ 14  Want Jehovah sal sy volk nie in die steek laat nie,+en hy sal sy erfdeel nie verlaat nie.+ 15  Want die oordeel sal weer regverdig wees,en al die opregtes van hart sal dit volg. 16  Wie sal vir my opstaan teen die goddeloses? Wie sal vir my opkom teen dié wat slegte dinge doen? 17  As Jehovah nie my helper was nie,sou ek gou gesterf het.*+ 18  Toe ek gesê het: “My voet gly,”het u lojale liefde, o Jehovah, my bly ondersteun.+ 19  Toe sorge* my oorweldig het,*het u my vertroos en gekalmeer.*+ 20  Kan ’n troon* van goddeloosheid aan u verbind weesterwyl dit moeilikheid maak in die naam van die wet?*+ 21  Hulle maak wrede aanvalle op die regverdige+en veroordeel die onskuldige tot die dood.*+ 22  Maar Jehovah sal vir my ’n veilige skuilplek* word. My God is die rots waar ek skuil.+ 23  Hy sal hulle goddelose dade op hulle laat neerkom.+ Hy sal ’n einde aan hulle maak* deur middel van hulle eie goddeloosheid. Jehovah ons God sal ’n einde aan hulle maak.*+

Voetnote

Lett. “vaderlose seuns”.
Lett. “geplant”.
Lett. “in stilte gewoon het”.
Of “verontrustende gedagtes”.
Of “binne-in my baie geword het”.
Of “het u vertroostinge my siel gestreel”.
Of “deur verordening”.
Of “heersers; regters”.
Lett. “en verklaar die bloed van die onskuldige skuldig (goddeloos)”.
Of “veilige hoogte”.
Lett. “hulle stilmaak”.
Lett. “hulle stilmaak”.