Psalms 103:1-22

  • “Ek sal Jehovah loof”

    • God verwyder ons sondes ver van ons af (12)

    • God se vaderlike genade (13)

    • God hou in gedagte dat ons stof is (14)

    • Jehovah se troon en koningskap (19)

    • Engele voer God se woord uit (20)

Van Dawid. 103  Ek sal Jehovah loof. Met alles wat binne-in my is, sal ek sy heilige naam loof.   Ek sal Jehovah loof. Mag ek nooit vergeet van alles wat hy gedoen het nie.+   Hy vergewe al jou oortredings+en genees al jou kwale.+   Hy eis jou lewe terug uit die graf+en kroon jou met sy lojale liefde en genade.+   Hy versadig jou met goeie dinge+ jou hele lewe lank. Jou jeug word hernu soos dié van ’n arend.+   Jehovah tree met regverdigheid en geregtigheid op+vir almal wat onderdruk word.+   Hy het sy weë aan Moses bekend gemaak,+sy dade aan die kinders van Israel.+   Jehovah is genadig en betoon medelye.*+ Hy word nie gou kwaad nie en is vol lojale liefde.*+   Hy sal nie vir altyd foutvind+of vir ewig ’n wrok koester nie.+ 10  Hy het ons nie volgens ons sondes gestraf+of ons volgens ons oortredings terugbetaal nie.+ 11  Want soos die hemel hoër is as die aarde,so groot is sy lojale liefde vir dié wat hom vrees.+ 12  So ver as wat die sonsopkoms van die sonsondergang is,so ver het hy ons oortredings van ons verwyder.+ 13  Soos ’n vader genade aan sy kinders betoon,betoon Jehovah genade aan dié wat hom vrees.+ 14  Want hy weet goed hoe ons gevorm is,+en hy hou in gedagte dat ons stof is.+ 15  Wat die sterflike mens betref, sy dae is soos dié van gras.+ Hy is soos ’n bloeisel van die veld.+ 16  Maar wanneer die wind waai, is dit weg,asof dit nooit daar was nie.* 17  Maar Jehovah se lojale liefde is tot in alle ewigheid* vir dié wat hom vrees.+ Sy regverdigheid is vir hulle kinders se kinders,+ 18  vir dié wat sy verbond hou+en dié wat sy bevele streng gehoorsaam. 19  Jehovah het sy troon stewig gevestig in die hemel,+en hy regeer as Koning oor alles.+ 20  Loof Jehovah, al sy engele,+ sterk in krag,wat sy woord uitvoer+ en sy stem gehoorsaam.* 21  Loof Jehovah, al sy leërmagte,+sy dienaars wat sy wil doen.+ 22  Loof Jehovah, al sy werke,oral waar hy regeer.* Met my hele wese sal ek Jehovah loof.

Voetnote

Of “liefderyke goedhartigheid”.
Lett. “en sy plek ken dit nie meer nie”.
Of “van ewigheid tot ewigheid”.
Lett. “die stem (geluid) van sy woord hoor”.
Of “in die plekke van sy soewereiniteit”.