Psalms 86:1-17

  • Geen god soos Jehovah nie

    • Jehovah gereed om te vergewe (5)

    • Al die nasies sal Jehovah aanbid (9)

    • ‘Onderrig my oor u weg’ (11)

    • “Verenig my hart” (11)

’n Gebed van Dawid. 86  Skenk aandag aan* my, o Jehovah, en antwoord my,want ek kry swaar en is arm.+   Bewaar my lewe, want ek is lojaal.+ Red u kneg wat op u vertrou,want u is my God.+   Wees genadig teenoor my, o Jehovah,+want ek roep die hele dag lank na u.+   Gee u kneg vreugde,want ek rig my tot u, o Jehovah.   Want u, o Jehovah, is goed+ en vergewe vryelik.+ U is vol lojale liefde vir almal wat u aanroep.+   Luister, o Jehovah, na my gebed,en skenk aandag aan my smekinge om hulp.+   Ek roep tot u op die dag wanneer ek in die moeilikheid is,+want u sal my antwoord.+   Daar is niemand soos u onder die gode nie, o Jehovah,+daar is geen werke soos u werke nie.+   Al die nasies wat u gemaak het,sal kom en voor u neerbuig, o Jehovah,+en hulle sal u naam verheerlik.+ 10  Want u is groot en doen wonderlike dinge.+ U is God, u alleen.+ 11  Leer my u weg, o Jehovah.+ Ek sal u weg van waarheid volg.+ Verenig my hart* om u naam te vrees.+ 12  Ek prys u, o Jehovah my God, met my hele hart,+en ek sal u naam vir ewig verheerlik, 13  want u lojale liefde vir my is groot,en u het my lewe gered uit die dieptes van die Graf.*+ 14  O God, vermetele* manne staan teen my op.+ ’n Bende wrede manne wil my doodmaak,en hulle het geen respek vir u nie.*+ 15  Maar u, o Jehovah, is ’n God wat genadig is en medelye* betoon,wat nie gou kwaad word nie en vol lojale liefde en getrouheid* is.+ 16  Skenk aandag aan my en gee my u goedkeuring.+ Gee u krag aan u kneg,+en red die seun van u slavin. 17  Gee vir my ’n teken* van u goedheid,sodat dié wat my haat dit kan sien en kan skaam kry. Want u, o Jehovah, is my helper en vertrooster.

Voetnote

Of “Buig neer en luister na”.
Of “Gee my ’n onverdeelde hart”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “het u nie voor hulle gestel nie”.
Iemand is vermetel as hy iets doen wat hy nie die reg of gesag het om te doen nie.
Of “waarheid”.
Of “bewys”.