Psalms 10:1-18

  • Jehovah help die hulpeloses

    • Goddelose sê: “Daar is geen God nie” (4)

    • Hulpeloses kom na Jehovah toe (14)

    • “Jehovah is Koning vir ewig” (16)

ל [Lamed] 10  Hoekom, o Jehovah, staan u op ’n afstand? Hoekom verberg u uself in moeilike tye?+   In sy hoogmoed sit die goddelose die hulpelose agterna,+maar hy sal gevang word in die planne wat hy uitdink.+   Want die goddelose spog oor sy selfsugtige begeertes,+en hy seën die gierige persoon.* נ [Noen] Hy het geen respek vir Jehovah nie.   Omdat die goddelose hoogmoedig is, stel hy geen ondersoek in nie,en hy dink altyd: “Daar is geen God nie.”+   Hy is suksesvol in wat hy doen,+maar hy kan u oordele nie verstaan nie.+ Hy bespot* al sy vyande.   Hy sê in sy hart: “Ek sal altyd staande bly.* Van geslag tot geslagsal ek nooit rampspoed sien nie.”+ פ [Pe]   Sy mond is vol vloeke, leuens en dreigemente.+ Onder sy tong is moeilikheid en skadelike dinge.+   Hy lê en wag naby die dorpies. Uit sy wegkruipplek maak hy ’n onskuldige persoon dood.+ ע [Ajin] Sy oë is op die uitkyk na ’n slagoffer.+   Hy wag in sy wegkruipplek soos ’n leeu in sy lêplek.*+ Hy wag om die hulpelose te vang,en hy vang hom wanneer hy sy net toetrek.+ 10  Die slagoffer word verpletter en neergegooi,en die ongelukkiges beland in sy sterk kloue. 11  Hy sê in sy hart: “God het vergeet.+ Hy het sy gesig weggedraai. Hy let nooit op nie.”+ ק [Kof] 12  Staan op, o Jehovah.+ O God, lig u hand op.+ Moenie die hulpeloses vergeet nie.+ 13  Hoekom het die goddelose geen respek vir God nie? Hy sê in sy hart: “U sal my nie verantwoordelik hou nie.” ר [Resj] 14  Maar u sien wel wanneer daar moeilikheid en lyding is. U kyk en u doen iets daaromtrent.+ Die slagoffer kom na u toe.+ U is die helper van die weeskind.*+ ש [Sjin] 15  Breek die arm van die goddelose en slegte mens,+sodat u sy goddeloosheid nie meer sal vindwanneer u daarna soek nie. 16  Jehovah is Koning vir ewig en altyd.+ Die nasies het van die aarde af verdwyn.+ ת [Tau] 17  Maar u sal die versoek van die nederiges hoor, o Jehovah.+ U sal hulle hart versterk+ en noukeurig aan hulle aandag skenk.+ 18  U sal geregtigheid gee aan die weeskinders en dié wat verpletter is,+sodat die sterflike mens van die aarde hulle nie meer sal bang maak nie.+

Voetnote

Of moontlik “die gierige persoon seën homself”.
Of “blaas teen”.
Of “nooit wankel nie”.
Of “bos”.
Lett. “vaderlose seun”.