Psalms 46:1-11

  • “God is ons skuilplek”

    • God se verstommende werke (8)

    • God beëindig oorloë regoor aarde (9)

Vir die musiekleier. Van die seuns van Korag.+ Volgens die Alamot-styl.* ’n Lied. 46  God is ons skuilplek en sterkte,+’n hulp wat maklik gevind kan word in moeilike tye.+   Daarom sal ons nie bang wees nie, al ondergaan die aarde veranderinge,al stort die berge in die dieptes van die see,+   al druis en skuim sy waters,+ al skud die berge as gevolg van sy onstuimigheid. (Sela)   Daar is ’n rivier waarvan die strome die stad van God vreugdevol maak,+die heilige, groot tabernakel van die Allerhoogste.   God is in die stad.+ Dit kan nie vernietig word nie. God sal dit kom red wanneer die oggend aanbreek.+   Die nasies was in beroering, die koninkryke is verslaan. Hy het sy stem verhef, en die aarde het gesmelt.+   Jehovah van die leërmagte is met ons.+ Die God van Jakob is ons veilige skuilplek.* (Sela)   Kom sien die dade van Jehovah,hoe hy verstommende dinge op die aarde gedoen het.   Hy maak regoor die aarde ’n einde aan oorloë.+ Hy breek die boog en vernietig die spies. Hy verbrand die militêre waens* met vuur. 10  “Onderwerp julle en weet dat ek God is. Ek sal verheerlik word onder die nasies.+ Ek sal verheerlik word op die aarde.”+ 11  Jehovah van die leërmagte is met ons.+ Die God van Jakob is ’n veilige skuilplek vir ons.+ (Sela)

Voetnote

Of “veilige hoogte”.
Of moontlik “die skilde”.