Psalms 23:1-6

  • “Jehovah is my Herder”

    • “Ek sal niks kortkom nie” (1)

    • “Hy gee my nuwe krag” (3)

    • “My beker is heeltemal vol” (5)

’n Melodie van Dawid. 23  Jehovah is my Herder.+ Ek sal niks kortkom nie.+   In groen weivelde laat hy my neerlê. Na rusplekke waar daar baie water is,* lei hy my.+   Hy gee my nuwe krag.+ Hy lei my op die paaie* van regverdigheid ter wille van sy naam.+   Al loop ek in die vallei van diep skaduwee,+is ek nie bang vir enige gevaar nie,+want u is met my.+ U stok en u staf stel my gerus.*   U dek vir my ’n tafel voor my vyande.+ U verfris* my kop met olie.+ My beker is heeltemal vol.+   Goedheid en lojale liefde sal my beslis al die dae van my lewe volg,+en ek sal my hele lewe lank in die huis van Jehovah woon.+

Voetnote

Of moontlik “Na rustige waters”.
Lett. “spore”.
Of “vertroos my”.
Of “smeer”.