Psalms 65:1-13

  • God sorg vir aarde

    • “Hoorder van gebed” (2)

    • Gelukkig is die een wat deur u gekies word (4)

    • God se oorvloedige goedheid (11)

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid. ’n Lied. 65  U sal in Sion geloof word, o God.+ Ons sal ons geloftes aan u betaal.+   O Hoorder van gebed, alle soorte mense* sal na u toe kom.+   My oortredings het my oorweldig,+maar u bedek ons oortredings.+   Gelukkig is die een wat u kies en laat nader komom in u voorhowe te woon.+ Ons sal versadig word met die goeie dinge van u huis,+u heilige tempel.*+   U sal ons met ontsagwekkende dade+ van regverdigheid antwoord,o God van ons redding. U is die Vertroue van al die eindes van die aarde+en van dié wat ver oor die see is.   U* het die berge stewig gevestig met u krag. U* is geklee met mag.+   U* kalmeer die onstuimige seë,+die gedruis van hulle golwe en die oproerigheid van die nasies.+   U dade* vervul die inwoners van afgeleë plekke met ontsag.+ Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, laat u mense van vreugde uitroep.   U sorg vir die aarde,en u maak dit baie vrugbaar en ryk.*+ Die stroom wat van God kom, is vol water. U voorsien graan vir hulle,+want dit is hoe u die aarde voorberei het. 10  U maak sy vore vol water, en sy geploegde grond gelyk. U maak dit sag met reënbuie. U seën sy opbrengs.+ 11  U kroon die jaar met u goedheid. U spore drup van oorvloed.*+ 12  Die weivelde van die wildernis bly oorloop,+en die heuwels is geklee met vreugde.+ 13  Die weivelde is vol kuddes,en die valleie is bedek met graan.+ Hulle roep van vreugde uit, ja, hulle sing.+

Voetnote

Lett. “alle vlees”.
Of “heiligdom”.
Lett. “Hy”.
Lett. “Hy”.
Lett. “Hy”.
Lett. “tekens”.
Lett. “laat dit oorloop en verryk dit grootliks”.
Lett. “vettigheid”.