Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Antwoorde op Bybelvrae

Antwoorde op Bybelvrae

Wat behels dit om ’n goeie ouer te wees?

Leer jy jou kind om God lief te hê?

’n Huis waarin ouers vir mekaar lief is en mekaar respekteer, is vir ’n kind ’n uitstekende omgewing om in groot te word (Kolossense 3:14, 19). Goeie ouers is lief vir hulle kinders en prys hulle, net soos Jehovah God sy Seun geprys het.—Lees Matteus 3:17.

Ons hemelse Vader luister na sy knegte en let op hoe hulle voel. Ouers kan gerus by hom leer en luister na wat hulle kinders sê (Jakobus 1:19). Hulle moet hulle kinders se gevoelens, insluitende negatiewe gevoelens, erken.—Lees Numeri 11:11, 15.

Hoe kan jy verantwoordelike kinders grootmaak?

As ’n ouer het jy die gesag om reëls te maak (Efesiërs 6:1). Leer uit God se voorbeeld. Hy toon liefde vir sy kinders deur duidelik uiteen te sit wat die reëls is en wat die gevolge sal wees as hulle ongehoorsaam is (Genesis 3:3). Maar hy dwing mense nie om hom te gehoorsaam nie; hy leer hulle eerder hoe hulle daarby sal baat vind as hulle doen wat reg is.—Lees Jesaja 48:18, 19.

Maak dit jou doelwit om jou kinders te help om God lief te hê. Dan sal hulle verstandig optree selfs wanneer hulle nie by jou is nie. Net soos God ons deur sy voorbeeld leer, moet jy jou kinders deur jou voorbeeld leer om God lief te hê.—Lees Deuteronomium 6:5-7; Efesiërs 4:32; 5:1.