Spring na inhoud

Is die Bybel ’n boek met menslike wysheid?

Is die Bybel ’n boek met menslike wysheid?

Die Bybel se antwoord

 Die Bybel, wat ook die Heilige Skrif genoem word, bevat weliswaar talle wyse woorde. Maar let op wat die Bybel oor homself sê: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer” (2 Timoteus 3:16). Daar is baie bewyse om hierdie bewering te staaf. Kyk na die volgende:

  •   Niemand het al ooit die geskiedkundige akkuraatheid van die Bybel suksesvol betwis nie.

  •   Die Bybelskrywers was eerlike manne wat met openhartigheid geskryf het. Hulle openhartigheid verleen ’n duidelike klank van waarheid aan hulle geskrifte.

  •   Die Bybel het een hooftema: die regverdiging van God se reg om oor die mens te heers en die vervulling van sy voorneme deur middel van sy hemelse Koninkryk.

  •   Hoewel die Bybel duisende jare gelede geskryf is, bevat dit nie wetenskaplike misvattings wat in die ou tyd algemeen aanvaar is nie.

  •   Gedokumenteerde geskiedkundige bewyse toon dat profesieë, of voorspellings, wat in die Bybel opgeteken is, bewaarheid is.