Aan die Kolossense 3:1-25

  • Ou en nuwe persoonlikheid (1-17)

    • ‘Maak dood julle liggaamsdele’ (5)

    • Liefde, ’n volmaakte band van eenheid (14)

  • Raad vir Christelike huisgesinne (18-25)

3  As julle egter saam met die Christus opgewek is,+ moet julle aanhou soek na die dinge wat daar bo is, waar die Christus aan die regterhand van God sit.+  Bly dink aan die dinge daar bo,+ nie aan die dinge op die aarde nie.+  Want julle het gesterf, en julle lewens is in die hande van die Christus in eenheid met God.  Wanneer die Christus, ons lewe,+ openbaar gemaak word, sal julle ook saam met hom in heerlikheid openbaar gemaak word.+  Maak dan dood julle liggaamsdele+ wat op die aarde is ten opsigte van seksuele onsedelikheid,* onreinheid, onbeheerste seksuele begeertes,+ skadelike begeertes en gierigheid, wat afgodediens is.  As gevolg van hierdie dinge sal die woede van God kom.  Julle het dieselfde dinge gedoen* in julle vorige lewenswyse.+  Maar nou moet julle ontslae raak van al hierdie dinge: woede, slegtheid,+ beledigende taal+ en vuil praatjies+ uit julle mond.  Moenie vir mekaar lieg nie.+ Trek die ou persoonlikheid* met sy gebruike uit,+ 10  en trek die nuwe persoonlikheid aan,+ wat deur akkurate kennis nuut gemaak word volgens die beeld van die Een wat dit geskep het,+ 11  waar daar nie Griek of Jood, besnydenis of onbesnedenheid, uitlander, Skitiër,* slaaf of vryman is nie. Maar Christus is alles en in almal.+ 12  Aangesien julle deur God uitgekies is+ en heilig en geliefd is, moet julle die volgende eienskappe betoon:* intense medelye,*+ goedhartigheid, nederigheid,*+ sagmoedigheid+ en geduld.+ 13  Hou aan om mekaar te verdra en mekaar vryelik te vergewe,+ selfs al het iemand ’n rede om oor iemand anders te kla.+ Net soos Jehovah* julle vryelik vergewe het, so moet julle ook vergewe.+ 14  Maar behalwe al hierdie dinge moet julle liefde betoon,*+ want dit is ’n volmaakte band van eenheid.+ 15  En laat die vrede van die Christus in julle harte regeer,*+ want julle is in een liggaam tot daardie vrede geroep. En toon dat julle dankbaar is. 16  Laat die woord van die Christus in alle wysheid ryklik in julle woon. Hou aan om mekaar te leer en aan te moedig* met psalms,+ lofliedere tot God, geestelike liedere wat met dankbaarheid gesing word, terwyl julle in julle harte vir Jehovah* sing.+ 17  Wat julle ook al sê of doen, doen alles in die naam van die Here Jesus, terwyl julle God, die Vader, deur hom dank.+ 18  Vrouens, wees onderdanig aan julle mans,+ want dit is reg in die oë van die Here. 19  Mans, hou aan om julle vrouens lief te hê+ en moenie vir hulle bitter kwaad wees* nie.+ 20  Kinders, wees in alles gehoorsaam aan julle ouers,+ want dit maak die Here se hart bly. 21  Pa’s, moenie julle kinders irriteer* nie,+ sodat hulle nie moedeloos* word nie. 22  Slawe, wees in alles gehoorsaam aan julle aardse* meesters,+ nie net om hulle tevrede te stel wanneer julle dopgehou word nie, maar met opregte harte, met vrees vir Jehovah.* 23  Wat julle ook al doen, doen dit met julle hele siel* soos vir Jehovah*+ en nie vir mense nie, 24  omdat julle weet dat julle die erfenis as ’n beloning van Jehovah* sal ontvang.+ Dien die Meester, Christus, soos slawe. 25  Die een wat verkeerde dinge doen, sal beslis terugbetaal word vir wat hy gedoen het,+ want God oordeel almal volgens dieselfde standaard.+

Voetnote

Grieks: por·neiʹa. Sien Woordelys.
Of “ook so gewandel”.
Lett. “mens”.
“Skitiër” het na ’n onbeskaafde mens verwys.
Of “julle met . . . beklee”.
Of “nederigheid van verstand”.
Of “julle met . . . beklee”.
Of “julle harte beheer”.
Of “ernstig te vermaan”.
Of “hulle sleg behandel”.
Of “kwaad maak; treiter”.
Of “mismoedig”.
Lett. “vleeslike”.