Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Hoe om afsondering te hanteer

Hoe om afsondering te hanteer

 Voel jy afgesonder en alleen? Jy voel dalk soos die psalmis wat gesê het: “Ek is soos ’n eensame voël op ’n dak” (Psalm 102:7). Die wysheid in die Bybel kan jou help om probleme te hanteer wat deur afsondering veroorsaak word.

 Kom nader aan God

 Selfs al is jy afgesonder, kan jy nog steeds gelukkig wees as jy besef dat jy God nodig het en hom dan leer ken (Matteus 5:3, 6). Die volgende gratis hulpmiddele kan jou help om nader aan God te kom.

  •   ’n Aanlyn Bybel wat akkuraat en maklik is om te lees

  •   Kort video’s oor party van die basiese leringe in die Bybel

  •  Antwoorde op Bybelvrae” – Direkte antwoorde op vrae waaroor baie mense wonder

  •  Volg hulle geloof na” – Hierdie reeks help jou om te sien hoe die lewe van getroue manne en vroue in die Bybel was

  •  Is dit ontwerp?” – Hierdie reeks beklemtoon hoe pragtig en kompleks die natuur is

Lees vertroostende gedeeltes in die Bybel

  Die Bybeltekste hieronder het baie mense gehelp om vertroosting te kry. Eerder as om al die tekste op een slag te lees, gebruik eerder die tyd in afsondering as ’n geleentheid om oor elke gedeelte na te dink en daaroor te bid. – Markus 1:35.

Vind uit hoekom slegte dinge in die wêreld gebeur

  Jy kan moeilike situasies beter hanteer as jy weet hoekom slegte dinge gebeur, hoe God hierdie dinge sal stop en hoe hy die skade wat veroorsaak is, sal regmaak. – Jesaja 65:17.

Vermy onnodige angstigheid

  Artikels oor die volgende onderwerpe kan jou help om stres te hanteer wat deur afsondering veroorsaak word en om ‘op te hou om bekommerd te wees’. – Matteus 6:25.

Bou vriendskappe op

  Vriendskappe kan ons help om helder te dink en gelukkiger te voel en is selfs belangriker wanneer ons nie by mekaar kan uitkom nie. As jy nie jou huis kan verlaat nie, kan jy jou vriendskappe sterk hou of nuwe vriende maak deur middel van videoverbinding of telefoonoproepe. Die volgende artikels kan jou help om “’n ware vriend” te vind en een te wees. – Spreuke 17:17.

Kry genoeg oefening

  Die Bybel erken dat ‘fisiese oefening voordeel het’ (1 Timoteus 4:8). Dit kan jou help om helder te dink en gelukkiger te voel, veral wanneer jy afgesonder is. Selfs al kan jy nie jou huis verlaat nie, is daar dinge wat jy kan doen om genoeg oefening te kry.