Spring na inhoud

Wat sal God se Koninkryk tot stand bring?

Wat sal God se Koninkryk tot stand bring?

Die Bybel se antwoord

 God se Koninkryk sal alle menseregerings vervang en oor die hele aarde regeer (Daniël 2:44; Openbaring 16:14). Wanneer dit gebeur, sal God se Koninkryk . . .

  •   Die goddeloses verwyder, wie se selfsug ons almal leed aandoen. “Wat die goddeloses betref, hulle sal van die aarde af uitgeroei word.”—Spreuke 2:22.

  •   ’n Einde maak aan alle oorloë. “[God] laat oorloë ophou tot aan die einde van die aarde.”—Psalm 46:9.

  •   Voorspoed en veiligheid op die aarde bewerkstellig. “Elkeen [sal] onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom sit, en daar sal niemand wees wat hulle laat bewe nie.”—Miga 4:4.

  •   Die aarde in ’n paradys omskep. “Die wildernis en die waterlose streek sal jubel, en die woestynvlakte sal bly wees en bloei soos die saffraan.”—Jesaja 35:1.

  •   Almal van sinvolle, aangename werk voorsien. “Die werk van hulle eie hande sal [God se] uitverkorenes ten volle benut. Hulle sal nie verniet swoeg nie.”—Jesaja 65:21-23.

  •   Siekte uitwis. “Geen inwoner sal sê: ‘Ek is siek’ nie.”—Jesaja 33:24.

  •   Ons bevry van die verouderingsproses. “Laat sy vlees frisser word as in die jeug; laat hy terugkeer na die dae van sy jeugdige krag.”—Job 33:25.

  •   Die dooies opwek. ‘Almal wat in die gedenkgrafte is, sal Jesus se stem hoor en uitkom.’—Johannes 5:28, 29.