’n Openbaring aan Johannes 16:1-21

  • Sewe bakke van God se woede (1-21)

    • Uitgegooi op aarde (2), see (3), riviere en fonteine (4-7), son (8, 9), troon van wilde dier (10, 11), Eufraat (12-16) en lug (17-21)

    • God se oorlog by Armageddon (14, 16)

16  En ek het ’n harde stem uit die heiligdom+ vir die sewe engele hoor sê: “Gaan gooi die sewe bakke van die woede van God op die aarde uit.”+  Die eerste engel het weggegaan en sy bak op die aarde uitgegooi.+ En ’n ernstige en kwaadaardige sweer+ het die mense getref wat die merk van die wilde dier+ gehad het en wat sy beeld aanbid het.+  Die tweede engel het sy bak in die see uitgegooi.+ En dit het bloed geword+ soos dié van ’n dooie mens, en elke lewende wese* het doodgegaan, ja, die dinge in die see.+  Die derde engel het sy bak in die riviere en die fonteine uitgegooi.+ En die riviere en die fonteine het bloed geword.+  Ek het die engel wat oor die waters is, hoor sê: “U, die Een wat is en wat was,+ die Een wat lojaal is,+ is regverdig, omdat u hierdie oordele gegee het,+  want hulle het die bloed van heiliges en van profete uitgestort,+ en u het vir hulle bloed gegee om te drink.+ Hulle verdien dit.”+  En ek het die altaar hoor sê: “Ja, Jehovah* God, die Almagtige,+ u oordele* is betroubaar en regverdig.”+  Die vierde engel het sy bak op die son uitgegooi,+ en die son is toegelaat om die mense met vuur te verskroei.  En die mense is deur die groot hitte verskroei, maar hulle het die naam van God gelaster, wat die gesag oor hierdie plae het, en hulle het nie berou getoon nie en hom nie verheerlik nie. 10  Die vyfde engel het sy bak op die troon van die wilde dier uitgegooi. En alles waaroor hy regeer het,* het donker geword,+ en hulle het hulle tonge begin kou as gevolg van die pyn, 11  maar hulle het die God van die hemel gelaster weens hulle pyne en hulle swere, en hulle het nie berou getoon oor hulle werke nie. 12  Die sesde engel het sy bak op die groot rivier, die Eufraatrivier,+ uitgegooi, en sy water is opgedroog+ om die weg voor te berei vir die konings+ wat kom uit die rigting van die sonsopkoms.* 13  En ek het drie onrein geïnspireerde boodskappe* wat soos paddas gelyk het, uit die bek van die draak+ en uit die bek van die wilde dier en uit die mond van die valse profeet sien kom. 14  Hulle is in werklikheid boodskappe wat deur demone geïnspireer is en hulle doen tekens+ en hulle gaan uit na die konings van die hele aarde, om hulle bymekaar te bring vir die oorlog+ van die groot dag van God die Almagtige.+ 15  “Kyk! Ek kom soos ’n dief.+ Gelukkig is die een wat wakker bly+ en sy bo-klere behou, sodat hy nie kaal loop en mense sy skande sien nie.”+ 16  En hulle het hulle bymekaargebring by die plek wat in Hebreeus Armageddon*+ genoem word. 17  Die sewende engel het sy bak op die lug uitgegooi. Toe het ’n harde stem uit die heiligdom,+ van die troon af, gekom en gesê: “Dit is verby!” 18  En daar was weerligstrale en stemme en donderslae, en daar was ’n groot aardbewing wat anders was as enige aardbewing wat plaasgevind het sedert daar mense op die aarde was.+ Dit is hoe groot en hewig die aardbewing was. 19  Die groot stad+ het in drie dele geskeur, en die stede van die nasies het geval. God het aan Babilon die Grote+ gedink deur die beker van die wyn van sy groot woede aan haar te gee.+ 20  En elke eiland het gevlug, en berge is nie gevind nie.+ 21  Toe het groot haelstene, elkeen omtrent ’n talent* swaar, uit die hemel op die mense geval,+ en die mense het God gelaster weens die plaag van die hael,+ want die plaag was buitengewoon groot.

Voetnote

Of “siel”.
Of “regterlike bevele”.
Lett. “sy koninkryk”.
Of “ooste”.
Lett. “onrein geeste”.
Grieks: Har Ma·ge·donʹ, van ’n Hebreeuse term wat “berg van Megiddo” beteken.
’n Griekse talent was gelyk aan 20,4 kg. Sien Aanh. B14.