Spring na inhoud

Wat sê die Bybel oor gemengde huwelike?

Wat sê die Bybel oor gemengde huwelike?

Die Bybel se antwoord

 God keur ’n huwelik tussen ’n man en ’n vrou van verskillende rasse goed omdat alle rasse gelyk is in sy oë. Die Bybel sê: “God behandel almal op dieselfde grondslag . . . , ongeag hulle ras.”—Handelinge 10:34, 35, Good News Translation.

 Kyk na ’n paar ander Bybelbeginsels wat verband hou met rassegelykheid en gemengde huwelike.

Alle rasse het ’n gemeenskaplike voorouer

 Alle mense is nakomelinge van die eerste mens, Adam, en sy vrou, Eva, wat in die Bybel ‘die moeder van almal wat lewe’, genoem word (Genesis 3:20). Daarom sê die Bybel van God: “Hy het uit een mens elke nasie van die mense gemaak” (Handelinge 17:26). Alle mense is deel van net een gesin, ongeag hulle ras. Maar sê nou rassevooroordeel of klasseverskille is baie algemeen waar jy woon?

Wyse mense ‘beraadslaag saam’

 Hoewel gemengde huwelike vir God heeltemal aanneemlik is, voel nie alle mense soos hy nie (Jesaja 55:8, 9). As jy dit oorweeg om met iemand van ’n ander ras te trou, moet jy en jou voornemende huweliksmaat die volgende bespreek:

  •   Hoe sal julle moontlike druk van die gemeenskap of julle familie hanteer?

  •   Hoe sal julle julle kinders help om vooroordeel te verwerk?

As julle so “saam beraadslaag”, kan dit julle help om ’n sukses van julle huwelik te maak.—Spreuke 13:10; 21:5.