Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Brei jou vriendekring uit

Brei jou vriendekring uit

Die probleem

As ons mense van groepe vermy waarvan ons nie hou nie, kan ons gevoel van diskriminasie sterker word. En as ons net vriende is met mense wat soos ons is, kan ons dalk dink dat ons manier die enigste aanvaarbare manier is om te dink, voel en op te tree.

Bybelwaarheid

“Maak julle harte wyd oop.” – 2 KORINTIËRS 6:13.

Wat beteken dit? Ons “hart” kan na ons emosies en gevoelens verwys. As ons net vriende is met mense wat soos ons is, sluit ons eintlik ons hart vir ander. Om hierdie probleem te vermy, moet ons gewillig wees om vriende te maak met mense wat anders as ons is.

Hoe dit help om ons vriendekring uit te brei

Wanneer ons ander persoonlik leer ken, begin ons verstaan hoekom hulle dinge anders doen. En wanneer ons al hoe nader aan hulle kom, begin ons hulle sien as deel van ons eie groep. Ons waardeer hulle meer en ons het meer meegevoel met hulle.

Kyk na die voorbeeld van Nazaré. Sy het teen immigrante gediskrimineer. Sy verduidelik wat haar gehelp het: “Ek het tyd met hulle spandeer en saam met hulle gewerk. Ek het immigrante ontmoet wat heeltemal anders was as wat die res van die gemeenskap oor hulle gesê het. Wanneer jy vriende maak met mense van ’n ander kultuur, leer jy om hulle nie vooraf te oordeel nie. Jy word lief vir hulle en jy waardeer hulle as individue.”

Wat jy kan doen

Soek na geleenthede om met mense van ’n ander land, etniese groep of taal te praat. Jy kan

  • Hulle vra om jou meer oor hulleself te vertel.

  • Hulle nooi vir ’n ete.

  • Na hulle stories luister en uitvind wat vir hulle belangrik is.

As jy probeer verstaan hoe hulle ondervindinge hulle persoonlikheid gevorm het, kan jy ’n positiewe gesindheid teenoor mense van hulle groep ontwikkel.