Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

IS DIT ONTWERP?

Mikro-organismes wat olie afbreek

Mikro-organismes wat olie afbreek

IN 2010 het byna vyfmiljoen vatte (800 miljoen liter) ruolie in die Golf van Mexiko uitgelek nadat ’n oliebooreiland ontplof en gesink het. Maar binne ’n paar maande het baie van die besoedeling verdwyn. Hoe is dit moontlik?

Dink hieraan: Wetenskaplike navorsing het getoon dat ’n verskeidenheid bakterieë wat in die see gevind word, die langketting-koolstofmolekules kan afbreek wat in olie aanwesig is. Professor Terry Hazen, ’n omgewingsmikrobioloog, het die organismes as “oliesoekende missiele” beskryf. Hierdie organismes is gedeeltelik verantwoordelik vir wat in die Golf van Mexiko plaasgevind het.

“In sekere sin is dit nie verbasend dat daar oliehonger mikrobes in die see is nie”, sê ’n BBC-verslag oor die onderwerp. “Natuurlike sypeling op die oseaanbodem stel [immers al eeue lank] olie in die wêreld se waters vry.”

Die mens se pogings om oliestortings skoon te maak, het wel voordele. Maar hulle beste pogings doen soms meer skade as goed. Chemiese middels meng in met natuurlike prosesse wat olie afbreek. Boonop is sulke chemikalieë giftig en rig dit langdurige skade aan die omgewing aan. Maar die natuur se vermoë om olie af te breek, wat onder andere moontlik gemaak word deur oliehonger mikrobes, stel die see in staat om homself skoon te maak sonder die negatiewe gevolge van kunsmatige metodes. *

Wat dink jy? Het hierdie mikro-organismes se vermoë om olie af te breek deur middel van evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?

^ par. 6 Dit is nog te vroeg om te weet watter langtermyngevolge die ongeluk in die Golf van Mexiko dalk op die seelewe sal hê.