Spring na inhoud

Waarom word hulle Jehovah se Getuies genoem?

Waarom word hulle Jehovah se Getuies genoem?

 Jehovah is die persoonlike naam van God, soos dit in die Bybel gevind word (Eksodus 6:3; Psalm 83:18). ’n Getuie is iemand wat beskouings of waarhede bekend maak waarvan hy oortuig is.

 Ons naam Jehovah se Getuies identifiseer ons dus as ’n groep Christene wat die waarheid omtrent Jehovah, die Skepper van alle dinge, bekend maak (Openbaring 4:11). Ons getuig vir ander deur ons lewenswyse en deur met hulle te praat oor wat ons uit die Bybel geleer het.—Jesaja 43:10-12; 1 Petrus 2:12.