Jesaja 43:1-28

  • Jehovah maak sy volk weer bymekaar (1-7)

  • Hofsaak teen gode (8-13)

    • “Julle is my getuies” (10, 12)

  • Bevryding uit Babilon (14-21)

  • “Laat ons ’n regsaak teen mekaar voer” (22-28)

43  Dít is wat Jehovah, jou Skepper, sê, o Jakob,die Een wat jou gevorm het, o Israel:+ “Moenie bang wees nie, want ek het jou teruggekoop.+ Ek het jou op jou naam geroep. Jy behoort aan my.   As jy deur die waters gaan, sal ek met jou wees,+en as jy riviere oorsteek, sal dit nie bo-oor jou spoel nie.+ As jy deur die vuur loop, sal jy nie geskroei word nie,en die vlam sal jou ook nie brand nie.   Want ek is Jehovah jou God,die Heilige van Israel, jou Redder. Ek het Egipte as ’n losprys vir jou gegee,Etiopië en Seba in ruil vir jou.   Want jy het kosbaar geword in my oë.+ Jy is geëer, en ek is lief vir jou.+ Daarom sal ek mense in ruil vir jou gee,en nasies in ruil vir jou lewe.   Moenie bang wees nie, want ek is met jou.+ Ek sal jou nageslag* van die ooste af bringen jou uit die weste bymekaarmaak.+   Ek sal vir die noorde sê: ‘Gee hulle terug!’+ en vir die suide: ‘Laat hulle gaan. Bring my seuns van ver af, en my dogters van die eindes van die aarde af,+   almal wat my naam dra+en wat ek ter wille van my heerlikheid geskep het,wat ek gemaak en gevorm het.’+   Bring ’n volk uit wat blind is, al het hulle oë,en wat doof is, al het hulle ore.+   Laat al die nasies op een plek bymekaarkom,en laat die volke versamel word.+ Wie van hulle kan dit vertelof ons die eerste dinge* laat hoor?+ Laat hulle hulle getuies bring om te probeer bewys dat hulle reg is,of laat mense dit hoor en sê: ‘Dit is die waarheid!’”+ 10  “Julle is my getuies,”+ sê Jehovah,“ja, my kneg wat ek uitgekies het+sodat julle my kan ken en geloof in my kan hê,*en sodat julle kan verstaan dat ek dieselfde is.+ Voor my is geen God gevorm nie,en ná my was daar nie een nie.+ 11  Ek – ek is Jehovah,+ en daar is geen ander redder as ek nie.”+ 12  “Ek is die Een wat dit verkondig het en julle gered het en dit bekend gemaak hettoe daar geen vreemde god by julle was nie.+ Daarom is julle my getuies,” sê Jehovah, “en ek is God.+ 13  Ek is altyd dieselfde,+en daar is niemand wat enigiets uit my hand kan wegruk nie.+ Wie kan my keer wanneer ek optree?”+ 14  Dít is wat Jehovah, julle Terugkoper,+ die Heilige van Israel,+ sê: “Ter wille van julle sal ek ’n leërmag na Babilon stuur en die grendels van die poorte laat afkom,+en die Galdeërs, in hulle skepe, sal ontsteld uitroep.+ 15  Ek is Jehovah, julle Heilige,+ julle Koning,+ die Skepper van Israel.”+ 16  Dít is wat Jehovah sê,die Een wat ’n weg deur die see en ’n pad deur onstuimige waters maak,+ 17  die Een wat die strydwa en die perd laat optrek,+die leërmag en die magtige vegters: “Hulle sal gaan lê en nie weer opstaan nie.+ Hulle sal verdwyn. Hulle sal soos ’n lamp uitgedoof word.” 18  “Vergeet van die vorige dinge,en moenie bly dink aan die verlede nie. 19  Kyk! Ek doen iets nuuts.+ Dit begin nou al gebeur. Sien julle dit nie? Ek sal ’n pad deur die wildernis maak,+en riviere deur die woestyn.+ 20  Die wilde diere van die veld sal my eer,die jakkalse en die volstruise,want ek voorsien water in die wildernis,riviere in die woestyn,+sodat my volk, die volk wat ek uitgekies het,+ kan drink. 21  Ek het hierdie volk vir my gevorm,sodat hulle my kan verheerlik.+ 22  Maar jy het my nie aangeroep nie, o Jakob,+want jy het moeg geraak vir my, o Israel.+ 23  Jy het nie vir my skape vir jou heelbrandoffers gebringof my met jou offerandes verheerlik nie. Ek het jou nie gedwing om vir my ’n gawe te bringof dit vir jou moeilik gemaak deur wierook te verwag nie.+ 24  Jy het nie vir my geurige riet met jou geld gekoop nie,en jy het my nie versadig met die vet van jou offerandes nie.+ Jy het my eerder met jou sondes belasen my moeg gemaak met jou oortredings.+ 25  Ek – ek is die Een wat jou oortredings* om my eie onthalwe+ uitwis,+en ek sal nie aan jou sondes dink nie.+ 26  Laat ons ’n regsaak teen mekaar voer. Herinner my. Vertel my jou kant van die saak om te bewys dat jy reg is. 27  Jou eerste voorvader het gesondig,en jou woordvoerders* het teen my in opstand gekom.+ 28  Daarom sal ek die hoofde van die heiligdom ontheilig,en ek sal Jakob oorgee om vernietig te word,en Israel om beledig te word.+

Voetnote

Lett. “saad”.
Verwys moontlik na die dinge wat eerste in die toekoms gaan gebeur.
Of “en my kan vertrou”.
Of “opstandige dade”.
Verwys moontlik na onderrigters van die Wet.