Spring na inhoud

IS DIT ONTWERP?

Die V-vormige posisie van die koolwitjie-skoenlapper se vlerke

Die V-vormige posisie van die koolwitjie-skoenlapper se vlerke

 ’n Skoenlapper maak staat op die son se hitte om sy vliegspiere op te warm voordat dit kan vlieg. Maar op bewolkte dae kan die koolwitjie-skoenlapper begin vlieg voordat ander skoenlappers kan vlieg. Hoekom is dit die geval?

 Dink hieraan: Voordat verskillende soorte skoenlappers kan begin vlieg, bak hulle in die son met toe vlerke of met vlerke wat horisontaal uitgesprei is. Maar die koolwitjie-skoenlapper hou sy vlerke in ’n V-vormige posisie. Navorsing het gewys dat die skoenlapper elkeen van sy vlerke teen ’n hoek van omtrent 17 grade tussen die vlerke moet hou as hy die meeste hoeveelheid hitte wil kry. In hierdie posisie gaan die energie van die son direk na sy vliegspiere in die borskas, en dit laat die spiere opwarm sodat die skoenlapper kan vlieg.

 Navorsers van die Universiteit van Exeter, Engeland, het probeer vasstel of hulle beter sonpanele kan maak deur die V-vormige posisie van die skoenlapper se vlerke na te boots. Toe hulle dit doen, het hulle gevind dat die hoeveelheid krag wat hulle opgewek het, met amper 50 persent vermeerder het.

 Die navorsers het ook opgelet dat die oppervlak van die skoenlapper se vlerke baie weerkaatsend is. Deur die V-vormige posisie en die weerkaatsende oppervlak van die vlerke na te boots, kon die navorsers ligter en beter sonpanele maak. Hierdie resultate het professor Richard ffrench-Constant, ’n lid van die navorsingspan, tot die gevolgtrekking laat kom dat die koolwitjie-skoenlapper “baie goed daarin is om sonenergie te absorbeer”.

 Wat dink jy? Het die V-vormige posisie van die koolwitjie-skoenlapper se vlerke deur evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?