Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

IS DIT ONTWERP?

Die vlinder se vlerke

Die vlinder se vlerke

DIE vlerke van ’n vlinder is so broos dat selfs die gewig van stofdeeltjies of waterdruppeltjies dit vir hom moeilik kan maak om te vlieg. Sy vlerke bly nogtans skoon en droog. Wat is die vlinder se geheim?

Die vlinder se vlerke het piepklein oorvleuelende skubbe

Dink hieraan: Hoewel die vlinder se vlerke glad lyk as ’n mens met die blote oog daarna kyk, het navorsers by die Ohio-staatsuniversiteit wat die bloumorfovlinder (Morpho didius) bestudeer, gevind dat die oppervlak van die vlerke bedek is met piepklein skubbe wat mekaar soos dakteëls oorvleuel. Nog kleiner ewewydige groewe op die oppervlak van hierdie skubbe veroorsaak dat stof of waterdruppeltjies maklik daarvan afrol. Ingenieurs probeer die tekstuur van die vlerke naboots om hipertegnologiese bedekkings vir nywerheids- en mediese toerusting te maak wat teen vuiligheid en water bestand is.

Die vlinder se vlerke is nog ’n voorbeeld van hoe die wetenskap die ontwerpe in lewende dinge probeer naboots. “Die natuur is vol ingenieurswonders, op mikroskopiese sowel as makroskopiese skaal, wat die mensdom al eeue lank inspireer”, sê die navorser Bharat Bhushan.

Wat dink jy? Het die vlinder se vlerke deur middel van evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?