Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

IS DIT ONTWERP?

Die ligabsorberende vlerk van die skoenlapper

Die ligabsorberende vlerk van die skoenlapper

WETENSKAPLIKES wil graag die ligabsorbering van sonpanele doeltreffender maak sodat die mens minder afhanklik sal wees van fossielbrandstowwe. “Die oplossing vir hierdie probleem . . . fladder dalk al lank voor ons oë”, het ’n wetenskaplike gesê.

Skubbe op die skoenlapper se vlerk het gaatjies soos dié van ’n heuningkoek

Dink hieraan: Skoenlappers sprei hulle vlerke in die son om gedurende koue weer warm te bly. Die vlerke van party soorte swaelstertskoenlappers absorbeer sonlig op besonder doeltreffende wyse. Die insekte se geheim is nie net hulle donker kleur nie, maar ook die samestelling van mikroskopiese, oorvleuelende skubbe waarmee hulle vlerke bedek is. Die skubbe bevat rye gaatjies, soos dié van ’n heuningkoek, wat geskei word deur omgekeerde V-vormige rante wat lig in die gaatjies inlaat. Hierdie vindingryke samestelling vang inkomende sonlig op, wat veroorsaak dat die vlerke pikswart word en verbasend doeltreffend is om die skoenlapper warm te maak.

“Skoenlappervlerke het van die delikaatste samestellings in die natuur”, sê Science Daily, “maar dit het navorsers aangespoor om nuwe tegnologie te ontwerp wat die vervaardiging van waterstof—’n ‘groen’ gas van die toekoms—uit water en sonlig verdubbel.” Ander belowende toepassings sluit optiese instrumente en sonkrag-selle in.

Wat dink jy? Het die ligabsorberende samestelling van die skoenlapper se vlerk deur middel van evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?