Spring na inhoud

Wanneer is die verslae oor Jesus geskryf?

Wanneer is die verslae oor Jesus geskryf?

Die Bybel se antwoord

 Die apostel Johannes het oor sy verslag van die gebeure in Jesus se lewe geskryf: “Hy wat dit gesien het, het getuig, en sy getuienis is waar, en dié man weet dat hy ware dinge vertel, sodat julle ook kan glo.”—Johannes 19:35.

 Een rede waarom ons die Evangelieverslae van Matteus, Markus, Lukas en Johannes kan vertrou, is dat dit geskryf is terwyl baie ooggetuies van die gebeure wat daarin beskryf word, nog gelewe het. Volgens party bronne is die Evangelie van Matteus reeds in die agtste jaar ná Christus se dood geskryf, dit wil sê omstreeks 41 HJ. Baie geleerdes meen dat dit ietwat later geskryf is, maar oor die algemeen is daar konsensus dat al die boeke van die Christelike Griekse Geskrifte gedurende die eerste eeu HJ geskryf is.

 Mense wat Jesus gesien het terwyl hy op die aarde gelewe het en wat ooggetuies van sy dood en opstanding was, kon die Evangelieverslae bevestig. Hulle kon ook maklik enige onjuisthede blootgelê het. Professor F.F. Bruce sê: “Een van die sterk punte van die oorspronklike apostoliese predikingswerk is die vertroue waarmee hulle ’n beroep gedoen het op die kennis van hulle toehoorders; hulle het nie net gesê: ‘Ons is ooggetuies van hierdie dinge’ nie, maar ook: ‘Soos julle self ook weet’ (Handelinge 2:22).”