Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Liefde beweeg ons om ander se belange voor ons eie te stel

Hoe om liefde aan ons medemens te wys

Hoe om liefde aan ons medemens te wys

Omdat ons die nakomelinge van die eerste man, Adam, is, is ons almal een familie. Al sou mens verwag dat lede van ’n familie mekaar moet liefhê en respekteer, is dit vandag moeilik om hierdie liefde te vind. Dit is nie wat ons liefdevolle God wil hê nie.

WAT DIE HEILIGE SKRIF OOR LIEFDE SÊ

“Jy moet jou medemens liefhê soos jouself.” – LEVITIKUS 19:18.

“Hou aan om julle vyande lief te hê.” – MATTEUS 5:44.

WAT DIT BETEKEN OM JOU MEDEMENS LIEF TE HÊ

Let op hoe God liefde in sy Woord beskryf in 1 Korintiërs 13:4-7:

“Liefde is geduldig en goedhartig.”

Dink hieraan: Hoe voel jy wanneer ander geduldig en liefdevol is met jou en nie kwaad raak wanneer jy ’n fout maak nie?

“Liefde is nie jaloers nie.”

Dink hieraan: Hoe voel jy wanneer ander jou die heeltyd van iets verdink en jaloers is op jou?

Liefde “soek nie sy eie belang nie”.

Dink hieraan: Hoe voel jy wanneer ander bereid is om jou opinie te respekteer en nie altyd aandring op hulle eie opinie nie?

Liefde “hou nie boek van slegte dinge wat aan hom gedoen is nie”.

Dink hieraan: God is bereid om mense wat gesondig het en berou getoon het, te vergewe. “Hy sal nie vir altyd foutvind of vir ewig ’n wrok koester nie” (Psalm 103:9). Ons waardeer dit wanneer iemand ons vergewe as ons hulle gevoelens seergemaak het. So ons moet bereid wees om ander te vergewe wanneer hulle ons gevoelens seermaak. – Psalm 86:5.

Liefde “is nie bly oor onregverdigheid nie”.

Dink hieraan: Wanneer iets slegs met ons gebeur, hou ons nie daarvan as iemand anders lekker kry omdat ons swaarkry nie. So ons moenie lekker kry wanneer iemand anders swaarkry nie, al het hulle ons sleg behandel.

Om God se seëninge te geniet moet ons ander op hierdie maniere liefhê, maak nie saak wie hulle is nie. Een praktiese manier om liefde te wys, is om ander te help.