Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 IS DIT ONTWERP?

Die keiserpikkewyn se verekleed

Die keiserpikkewyn se verekleed

DIE keiserpikkewyn kan verbasend vinnig deur die water skiet en tot op ’n ysbank spring. Hoe?

Veer van ’n keiserpikkewyn

Dink hieraan: Die keiserpikkewyn vang lug in sy vere vas. Dit beskerm nie net die voël teen uiterste koue nie, maar dit stel hom ook in staat om twee of drie keer vinniger te beweeg as wat hy andersins sou kon. Hoe? Seebioloë doen aan die hand dat hy dit regkry deur klein lugborreltjies vry te laat wat tussen sy vere is. Wanneer hierdie borreltjies vrygelaat word, verminder dit wrywing op die oppervlak van die pikkewyn se verekleed, wat die voël in staat stel om vinniger te beweeg.

Interessant genoeg, ingenieurs ondersoek maniere om skepe vinniger te laat vaar deur borrels te gebruik om wrywing teen die romp te verminder. Navorsers erken egter dat verdere navorsing ’n uitdaging is omdat “dit moeilik sal wees om die pikkewyn se komplekse verekleed na te maak met ’n mensgemaakte poreuse membraan of maasstof”.

Wat dink jy? Het die keiserpikkewyn se verekleed deur middel van evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?