Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Links: Yasser Qudaih/Anadolu via Getty Images; regs: RONALDO SCHEMIDT/AFP via Getty Images

HOU AAN WAAK!

Wanneer sal mense ophou veg? – Wat sê die Bybel?

Wanneer sal mense ophou veg? – Wat sê die Bybel?

 “Nou is die tyd om hierdie situasie minder gespanne en minder gevaarlik te maak. Nou is die tyd om selfbeheersing te hê”, het António Guterres, die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, gesê oor Iran se direkte aanval op Israel op Saterdag 13 April 2024.

 Die gevegte in die Midde-Ooste is maar net een voorbeeld van wat besig is om regoor die wêreld te gebeur.

 Op die oomblik gebeur daar meer gewelddadige konflikte in die wêreld as wat daar sedert die Tweede Wêreldoorlog gebeur het, en dit raak 2 miljard mense – ’n kwart van die mensdom. – Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, 26 Januarie 2023.

 Gebiede wat betrokke is by gewelddadige konflikte sluit in Israel, Gasa, Sirië, Azerbeidjan, Oekraïne, Soedan, Etiopië, Niger, Mianmar en Haïti. a

 Wanneer sal mense ophou veg? Kan wêreldleiers vrede bring? Wat sê die Bybel?

’n Wêreld vol oorlog

 Konflikte regoor die wêreld vandag is ’n teken dat alle oorlog binnekort tot ’n einde sal kom. Hierdie oorloë is ’n vervulling van Bybelprofesieë oor die tydperk waarin ons lewe. Die Bybel noem dit “die einde van die wêreldstelsel”. – Matteus 24:3.

  •   “Julle sal van oorloë en berigte van oorloë hoor. . . . Nasie sal teen nasie opstaan en koninkryk teen koninkryk.” – Matteus 24:6, 7.

 Lees die artikel “Wat is die teken van ‘die laaste dae’, of ‘die eindtyd’?” om uit te vind hoe vandag se oorloë ’n vervulling van Bybelprofesieë is.

’n Oorlog wat ’n einde sal maak aan alle oorloë

 Die Bybel voorspel dat mense sal ophou veg. Hoe sal dit gebeur? Nie as gevolg van wat mense sal doen nie, maar deur middel van Armageddon, “die oorlog van die groot dag van God die Almagtige” (Openbaring 16:14, 16). Ná hierdie oorlog sal God sy belofte dat die mens ewige vrede sal geniet, laat waar word. – Psalm 37:10, 11, 29.

 Om meer uit te vind oor hoe God se oorlog ’n einde aan alle oorloë sal maak, lees die artikel “Wat is die oorlog van Armageddon?

a ACLED Conflict Index, “Ranking violent conflict levels across the world”, Januarie 2024