Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Maremagnum/Corbis Documentary via Getty Images

HOU AAN WAAK!

Sal Armageddon in Israel begin? – Wat sê die Bybel?

Sal Armageddon in Israel begin? – Wat sê die Bybel?

 Die Bybel beskryf nie Armageddon as ’n oorlog wat net ’n klein deel van die aarde sal affekteer nie, maar as ’n wêreldwye oorlog tussen alle menseregerings en God.

  •   “Boodskappe wat deur demone geïnspireer is . . . gaan uit na die konings van die hele aarde, om hulle bymekaar te bring vir die oorlog van die groot dag van God die Almagtige. . . . Hulle het hulle bymekaargebring by die plek wat in Hebreeus Armageddon genoem word.” – Openbaring 16:14, 16.

 Die woord “Armageddon” kom van die Hebreeuse woord Har Meghid·dohnʹ, wat “die berg Megiddo” beteken. Megiddo was ’n stad in die gebied van eertydse Israel. En daarom glo party mense dat Armageddon in Israel sal plaasvind. Maar nie die streek van Megiddo of enige ander gebied in die Midde-Ooste is groot genoeg vir die “konings van die hele aarde” en hulle leërmagte om bymekaar gebring te word nie.

 Die boek Openbaring was “in tekens” of simboliese taal geskryf (Openbaring 1:1). Armageddon verwys, nie na ’n letterlike plek nie, maar na ’n wêreldwye situasie waarin al die nasies bymekaar gaan kom in ’n laaste poging om God se regering teë te staan. – Openbaring 19:11-16, 19-21.