Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

E+/taseffski/via Getty Images (Stock photo. Posed by model.)

HOU AAN WAAK!

Verstandelike gesondheidsprobleme onder tieners al hoe erger – Wat sê die Bybel?

Verstandelike gesondheidsprobleme onder tieners al hoe erger – Wat sê die Bybel?

 Op Maandag 13 Februarie 2023 het die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming (CDC) ’n verslag oor die verstandelike gesondheid van Amerikaanse tieners vrygestel. Dit het gesê dat meer as 40 persent van hoërskoolstudente die heeltyd hartseer en hopeloos voel.

 Dr. Kathleen Ethier, die direkteur van CDC se Division of Adolescent and School Health (DASH) het gesê: “Ons het gesien dat die verstandelike gesondheid van jongmense oor die afgelope 10 jaar erger geword het. Maar die verstandelike gesondheid van tienermeisies is erger as ooit tevore, en daar is meer tienermeisies wat daaraan dink om selfmoord te pleeg, beplan om dit te doen of regtig probeer om selfmoord te pleeg.”

 Die verslag het gesê:

  •   Meer as 1 uit 10 tienermeisies (14 persent) is al gedwing om seks te hê wanneer hulle nie wou nie. Dr. Ethier het gesê: “Dit is regtig skokkend. Vir elke 10 tienermeisies wat jy ken, is ten minste een van hulle, en moontlik meer, al verkrag.”

  •   Amper 1 uit 3 tienermeisies (30 persent) het al ernstig daaraan gedink om selfmoord te pleeg.

  •   Amper 3 uit 5 tienermeisies (57 persent) voel die heeltyd hartseer of hopeloos.

 Hierdie statistieke breek regtig ’n mens se hart. Jou jong dae behoort ’n gelukkige tyd te wees. Wat kan tieners help om die stres te hanteer wat hulle vandag het? Wat sê die Bybel?

Die Bybel gee tieners praktiese hulp

 Die Bybel beskryf realisties die stresvolle tye waarin ons vandag lewe. Dit praat van “swaar tye . . . wat moeilik is om deur te kom” (2 Timoteus 3:1-5). Maar die Bybel gee raad wat altyd sal werk en wat miljoene tieners wêreldwyd help om die uitdagings wat hulle het, suksesvol te hanteer. Kyk na die volgende Bybelartikels.

 Hulp vir tieners wat selfmoordgedagtes het

 Hulp vir tieners met depressie of negatiewe gevoelens of wat hartseer is

 Hulp vir tieners wat fisies of aanlyn geboelie word

 Hulp vir tieners wat seksueel geteister of aangerand is

Die Bybel gee ouers praktiese raad

 Die Bybel gee ook praktiese raad vir ouers sodat hulle hulle tieners kan help om die lewe se uitdagings te hanteer. Kyk na die volgende Bybelartikels.