’n Openbaring aan Johannes 3:1-22

  • Boodskappe aan Sardis (1-6), Filadelfia (7-13), Laodisea (14-22)

3  “Skryf aan die engel van die gemeente in Sardis: Hierdie dinge sê hy wat die sewe geeste van God+ en die sewe sterre+ het: ‘Ek ken jou dade, dat jy die reputasie* het dat jy lewend is, maar jy is dood.+  Bly wakker,+ en versterk die oorblywende dinge wat op die punt was om te sterf, want ek het gevind dat jou werke nie ten volle voor my God gedoen is nie.  Onthou dan wat jy ontvang het en wat jy gehoor het, en hou aan om dit te bewaar, en toon berou.+ Ja, as jy nie wakker word nie, sal ek soos ’n dief kom,+ en jy sal glad nie weet in watter uur ek op jou sal afkom nie.+  “‘Maar jy het ’n paar persone* in Sardis wat nie hulle klere onrein gemaak het nie,+ en hulle sal in wit klere saam met my loop+ omdat hulle dit waardig is.  Die een wat oorwin,+ sal dus wit klere dra,+ en ek sal sy naam glad nie uit die boek van die lewe+ uitwis nie, maar ek sal voor my Vader en voor sy engele sê dat ek sy naam ken.+  Laat die een wat ore het, hoor wat die gees vir die gemeentes sê.’  “Skryf aan die engel van die gemeente in Filadelʹfia: Hierdie dinge sê hy wat heilig is,+ wat waar is,+ wat die sleutel van Dawid het,+ wat oopmaak sodat niemand sal sluit nie, en sluit sodat niemand oopmaak nie:  ‘Ek ken jou dade – kyk! ek het ’n deur voor jou oopgemaak,+ wat niemand kan sluit nie. En ek weet dat jy ’n bietjie krag het, en jy het my woord bewaar en was getrou aan my naam.  Kyk! Daar is dié uit die sinagoge van Satan, wat sê dat hulle Jode is, en tog is hulle nie+ – hulle lieg. Ek sal hulle laat kom en voor jou voete laat neerbuig* en hulle laat weet dat ek jou liefgehad het. 10  Omdat jy die woord oor my volharding bewaar het,*+ sal ek jou ook bewaar in die uur wanneer ek die hele aarde gaan ondersoek+ om dié wat daarop woon, te toets. 11  Ek kom gou.+ Hou vas aan wat jy het, sodat niemand jou kroon wegneem nie.+ 12  “‘Ek sal die een wat oorwin, ’n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal beslis nie meer daar uitgaan nie. Ek sal die naam van my God op hom skryf+ en die naam van die stad van my God, die Nuwe Jerusalem,+ wat uit die hemel van my God af neerdaal, en my eie nuwe naam.+ 13  Laat die een wat ore het, hoor wat die gees vir die gemeentes sê.’ 14  “Skryf aan die engel van die gemeente in Laodiseʹa:+ Hierdie dinge sê die Amen,+ die getroue en ware+ getuie,+ die begin van die skepping deur God:+ 15  ‘Ek ken jou dade, dat jy nie koud of warm is nie. Ek wens jy was koud of anders warm. 16  Omdat jy dan nou lou is en nie warm+ of koud+ nie, gaan ek jou uit my mond spoeg. 17  Jy sê: “Ek is ryk+ en het rykdom verkry en het niks nodig nie,” maar jy weet nie dat jy bejammer moet word en dat jy arm en blind en kaal is nie. 18  Daarom raai ek jou aan om by my goud te koop wat deur vuur gesuiwer* is, sodat jy ryk kan word, sowel as wit klere, sodat jy jou kan aantrek en nie skaam hoef te voel omdat ander jou kaal liggaam sien nie,+ en ook oogsalf om in jou oë te smeer,+ sodat jy kan sien.+ 19  “‘Almal vir wie ek lief is, wys ek tereg en dissiplineer ek.+ Wees dus ywerig en toon berou.+ 20  Kyk! Ek staan by die deur en klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal ek in sy huis inkom en die aandmaal saam met hom eet, en hy saam met my. 21  Die een wat oorwin,+ sal ek toelaat om saam met my op my troon te sit,+ net soos ek oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.+ 22  Laat die een wat ore het, hoor wat die gees vir die gemeentes sê.’”

Voetnote

Lett. “naam”.
Lett. “’n paar name”.
Of “laat eer bewys”.
Of moontlik “die voorbeeld van my volharding gevolg het”.
Of “gelouter”.