Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 25

Koninkryksale​—Waarom en hoe word dit gebou?

Koninkryksale​—Waarom en hoe word dit gebou?

Bolivia

Nigerië, ou en nuwe Koninkryksaal

Tahiti

Soos die naam Koninkryksaal te kenne gee, is die vernaamste Bybellering wat daar bespreek word, God se Koninkryk—die tema van Jesus se bediening.—Lukas 8:1.

Dit is sentrums van ware aanbidding in die gemeenskap. Hiervandaan word die verkondiging van die goeie nuus van die Koninkryk uitgevoer (Matteus 24:14). Koninkryksale verskil in grootte en ontwerp, maar almal is beskeie geboue, waarvan baie deur meer as een gemeente gebruik word. In onlangse jare het ons tienduisende nuwe Koninkryksale gebou (gemiddeld vyf per dag) om met die toename in ons gemeentes tred te hou. Hoe is dit moontlik?—Matteus 19:26.

Dit word gebou met bydraes wat tot ’n sentrale fonds gemaak word. Hierdie bydraes word na die takkantoor ­gestuur sodat geld beskikbaar gestel kan word aan gemeentes wat ’n Koninkryksaal moet bou of opknap.

Dit word gebou deur onbetaalde vrywilligers uit alle agtergronde. In baie lande is Koninkryksaalbougroepe georganiseer. Spanne bouknegte en vrywilligers gaan in ’n land, selfs in afgeleë gebiede, van een gemeente na die ander om plaaslike gemeentes te help om hulle eie Koninkryksaal te bou. In ander lande is bekwame Getuies aangestel om toesig te hou oor die bou en opknapping van Koninkryksale in ’n toegewese gebied. Hoewel talle bedrewe ambagsmanne in die gebied hulle dienste by elke bouterrein vrywillig aanbied, bestaan die grootste deel van die vrywillige werkers uit lede van die plaaslike gemeente. Jehovah se gees en die heelhartige pogings van sy volk maak dit alles moontlik.—Psalm 127:1; Kolossense 3:23.

  • Waarom word ons plekke van aanbidding Koninkryksale genoem?

  • Hoe is dit moontlik om Koninkryksale wêreldwyd te bou?