Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 15

Hoe dien die ouer manne die gemeente?

Hoe dien die ouer manne die gemeente?

Finland

Onderrigting

Herderswerk

Getuieniswerk

Ons het nie ’n betaalde geestelikeklas in ons organisasie nie. Maar soos die geval was toe die Christengemeente ontstaan het, word bekwame opsieners aangestel “om as herders toesig te hou oor die gemeente van God” (Handelinge 20:28). Hierdie ouer manne is geestelik volwasse manne wat die leiding in die gemeente neem en as herders toesig hou, “nie onder dwang nie, maar gewillig; ook nie uit liefde vir oneerlike gewin nie, maar gretig” (1 Petrus 5:1-3). Watter werk verrig hulle ten behoewe van ons?

Hulle sien om na ons en waak oor ons. Die ouer manne bied leiding en help om die gemeente se geestelikheid te beskerm. Omdat die ouer manne daarvan bewus is dat God hierdie belangrike rol aan hulle toevertrou het, speel hulle nie baas oor sy volk nie, maar dra hulle eerder by tot ons welstand en vreugde (2 Korintiërs 1:24). Net soos ’n herder nougeset na elkeen van sy skape omsien, probeer die ouer manne om elke lid van die gemeente persoonlik te leer ken.—Spreuke 27:23.

Hulle leer ons hoe om God se wil te doen. Die ouer manne neem elke week die leiding in die gemeentelike vergaderinge om ons geloof te versterk (Handelinge 15:32). Hierdie toegewyde manne neem ook die leiding in die evangelisasiewerk, terwyl hulle saam met ons werk en ons in al die aspekte van die bediening oplei.

Hulle gee ons persoonlike aanmoediging. Om in ons individuele geestelike behoeftes te voorsien, besoek plaaslike ouer manne ons moontlik by die huis of praat hulle met ons by die Koninkryksaal om hulp en vertroosting uit die Skrif te bied.—Jakobus 5:14, 15.

Benewens hulle werk in die gemeente het die meeste ouer manne ook sekulêre werk en gesinsverantwoordelikhede wat hulle tyd en aandag vereis. Hierdie hardwerkende broers verdien ons respek.—1 Tessalonisense 5:12, 13.

  • Watter rol speel die gemeentelike ouer manne?

  • Hoe toon die ouer manne persoonlike belangstelling in ons?