Wie doen vandag Jehovah se wil?

Jehovah se Getuies word regoor die wêreld gevind en kom uit alle etniese en kulturele agtergronde. Wat het hierdie uiteenlopende groep bymekaargebring?

Wat is God se wil?

God wil hê dat sy wil regoor die aarde bekend gemaak moet word. Wat is hierdie wil, en wie is daar vandag wat ander hieroor leer?

LES 1

Watter soort mense is Jehovah se Getuies?

Hoeveel Getuies van Jehovah ken jy? Wat weet jy werklik omtrent ons?

LES 2

Waarom word ons Jehovah se Getuies genoem?

Kyk na drie redes waarom ons hierdie naam aangeneem het.

LES 3

Hoe is Bybelwaarheid herontdek?

Hoe kan ons seker wees dat ons vandag ’n juiste begrip het van wat die Bybel leer?

LES 4

Waarom het ons die Nuwe Wêreld-vertaling uitgegee?

Wat maak hierdie vertaling van God se Woord uniek?

LES 5

Wat sal jy by ons Christelike vergaderinge ondervind?

Ons kom bymekaar om die Bybel te studeer en om mekaar aan te moedig. Jy sal hartlik verwelkom word!

LES 6

Hoe strek assosiasie met mede-Christene ons tot voordeel?

God se Woord spoor Christene aan om met mekaar te assosieer. Vind uit hoe jy by hierdie soort assosiasie kan baat vind.

LES 7

Wat gebeur by ons vergaderinge?

Het jy al ooit gewonder wat by ons vergaderinge gebeur? Jy sal ongetwyfeld beïndruk wees met die gehalte van Bybelonderrig wat jy daar kan ontvang.

LES 8

Waarom trek ons netjies aan vir ons vergaderinge?

Is ons kleredrag vir God belangrik? Vind uit watter Bybelbeginsels ons keuse van kleredrag en persoonsversorging rig.

LES 9

Wat is die beste manier om vir die vergaderinge voor te berei?

Voorbereiding vir ons vergaderinge sal jou help om die grootste nut daaruit te put.

LES 10

Wat is gesinsaanbidding?

Vind uit hoe hierdie reëling jou kan help om nader aan God te kom en die gesinsband te versterk.

LES 11

Waarom woon ons groot byeenkomste by?

Elke jaar vergader ons vir drie spesiale geleenthede. Hoe kan jy by hierdie samekomste baat vind?

LES 12

Hoe word ons Koninkrykspredikingswerk georganiseer?

Ons volg die voorbeeld wat Jesus gestel het toe hy op die aarde was. Wat is ’n paar van die predikingsmetodes wat hy gebruik het?

LES 13

Wat is ’n pionier?

Party Getuies wy 30, 50 of meer uur per maand aan die predikingswerk. Wat beweeg hulle om dit te doen?

LES 14

Watter opleiding ontvang pioniers?

Watter spesiale opleiding ontvang diegene wat al hulle tyd aan die Koninkrykspredikingswerk wy?

LES 15

Hoe dien die ouer manne die gemeente?

Ouer manne is geestelik volwasse manne wat die leiding in die gemeente neem. Watter hulp voorsien hulle?

LES 16

Watter rol speel die bedieningsknegte?

Bedieningsknegte help die gemeente om glad te funksioneer. Vind uit hoe hulle werk almal wat die vergaderinge bywoon, tot voordeel strek.

LES 17

Hoe help kringopsieners ons?

Waarom besoek kringopsieners die gemeentes? Hoe kan jy by hulle besoeke baat vind?

LES 18

Hoe help ons ons broers in nood?

Wanneer ’n ramp plaasvind, reël ons gou dat praktiese hulp en geestelike vertroosting aan diegene in die geteisterde gebied voorsien word. Op watter maniere?

LES 19

Wie is die getroue en verstandige slaaf?

Jesus het belowe om ’n slaaf aan te stel om geestelike voedsel op tyd te gee. Hoe word dit gedoen?

LES 20

Hoe funksioneer die Bestuursliggaam vandag?

In die eerste eeu het ’n klein groepie ouer manne en apostels as ’n bestuursliggaam vir die Christengemeente gedien. Wat van vandag?

LES 21

Wat is Bethel?

Bethel is a unieke plek met ’n baie belangrike oogmerk. Lees meer oor diegene wat daar dien.

LES 22

Wat word by ’n takkantoor gedoen?

Besoekers is welkom om enigeen van ons takkantore te besoek vir ’n begeleide toer. Ons nooi jou om dit te doen!

LES 23

Hoe word ons lektuur geskryf en vertaal?

Ons gee lektuur in meer as 750 tale uit. Waarom doen ons al hierdie moeite?

LES 24

Hoe word ons wêreldwye werk gefinansier?

Hoe verskil ons organisasie van ander godsdienste wanneer dit by finansiering kom?

LES 25

Koninkryksale​—Waarom en hoe word dit gebou?

Waarom word ons plekke van aanbidding Koninkryksale genoem? Vind meer uit oor hoe hierdie beskeie geboue ons gemeentes help.

LES 26

Hoe kan ons help om ons Koninkryksaal in stand te hou?

’n Koninkryksaal wat skoon en goed in stand gehou word, bring lof aan ons God. Watter reëlings is daar om na die plaaslike Koninkryksaal om te sien?

LES 27

Hoe kan ons baat vind by die Koninkryksaal se biblioteek?

Wil jy navorsing doen om jou kennis van die Bybel uit te brei? Besoek die Koninkryksaal se biblioteek!

LES 28

Wat kan op ons webwerf gevind word?

Jy kan meer oor ons en ons godsdiensoortuigings leer sowel as antwoorde op jou Bybelvrae kry.

Sal jy Jehovah se wil doen?

Jehovah God het jou werklik lief. Hoe kan jy jou begeerte om Hom in jou daaglikse lewe te behaag, openbaar?