Spring na inhoud

Woedende priesters kry ’n sagmoedige antwoord

Woedende priesters kry ’n sagmoedige antwoord

 Artur, ’n kringopsiener in Armenië, het ’n gemeente van Jehovah se Getuies besoek. Hy het agtergekom dat hulle nog nie aan openbare getuieniswerk deelgeneem het nie, wat insluit dat trollies gebruik word om Bybellektuur uit te stal. Om die broers en susters aan te moedig om aan hierdie soort getuieniswerk deel te neem, het Artur en sy vrou, Anna, saam met nog ’n Getuie met die naam Jirayr, ’n lektuurtrollie in ’n klein dorpie opgestel. Hulle het ’n plek gekies waar baie mense verbyloop.

 Mense wat verbygeloop het, het dadelik begin belangstel en van die lektuur gevat. Maar hierdie nuwe manier van getuieniswerk het gou die aandag van teenstanders getrek. Twee priesters het na die lektuurtrollie toe gekom en een van hulle het, sonder waarskuwing, die trollie omgeskop. Dieselfde priester het toe vir Artur in die gesig geklap dat sy bril op die grond val. Artur, Anna en Jirayr het probeer om die priesters te kalmeer, maar hulle kon dit nie regkry nie. Die priesters het probeer om die lektuurtrollie stukkend te trap en die lektuur rondgegooi. Nadat hulle op die Getuies gevloek en hulle gedreig het, het hulle weggeloop.

 Artur, Anna en Jirayr het na die plaaslike polisiekantoor toe gegaan om ’n klagte te lê. Hulle het verduidelik wat gebeur het en kortliks met ’n paar polisiebeamptes en ander werkers by die polisiestasie oor die Bybel gepraat. Die drie Getuies was na die kantoor van die polisiehoof gevat. Hy wou eers net weet wat presies gebeur het. Maar toe hy hoor dat Artur, wat ’n sterk man is, nie terugbaklei het toe hy geklap is nie, het die polisiehoof opgehou vrae vra oor die saak en het hy hulle begin uitvra oor wat die Getuies glo. Dit het tot ’n vier uur lange gesprek gelei! Die polisiehoof was so beïndruk deur wat hy gehoor het dat hy uitgeroep het: “Wat ’n wonderlike godsdiens! Ek wil ook daaraan behoort!”

Artur en Anna

 Toe Artur die volgende dag weer openbare getuieniswerk doen, het ’n man na hom toe gekom wat gesien het wat die vorige dag gebeur het. Die man het Artur geprys omdat hy kalm gebly het en nie met die priesters baklei het nie. Hy het gesê dat hy al sy respek vir die priesters verloor het toe hy sien wat gebeur het.

 Daardie aand het die polisiehoof gesê dat Artur na die polisiestasie moet terugkom. Maar in plaas daarvan dat hy die saak bespreek het, het hy nog vrae oor die Bybel gevra. Nog twee polisiemanne het by die bespreking aangesluit.

 Die volgende dag het Artur weer die polisiehoof gaan besoek en hierdie keer vir hom ’n paar van ons Bybelvideo’s gewys. Die polisiehoof het ander polisiemanne geroep om ook na die video’s te kyk.

 As gevolg van wat die priesters gedoen het, het baie polisiemanne vir die eerste keer ’n goeie getuienis gekry. Dit het vir hulle ’n baie goeie indruk van Jehovah se Getuies gegee.