Spring na inhoud

Om die Bybel te verstaan—Wat is die sleutels?

Om die Bybel te verstaan—Wat is die sleutels?

Die Bybel se antwoord

 Die Bybel self voorsien baie van die sleutels om dit te verstaan. Ongeag wat jou agtergrond is, God se boodskap in die Bybel “is nie te moeilik vir jou nie, en ook is dit nie ver nie”.—Deuteronomium 30:11.

Sleutels om die Bybel te verstaan

  1.   Jy moet die regte gesindheid hê. Aanvaar die Bybel as God se Woord. Wees nederig, aangesien God die hoogmoediges teëstaan (1 Tessalonisense 2:13; Jakobus 4:6). Maar vermy blinde geloof—God wil hê dat jy jou “denkvermoë” moet gebruik.—Romeine 12:1, 2.

  2.   Bid vir wysheid. “Moenie op jou eie begrip steun nie”, sê die Bybel in Spreuke 3:5. ‘Hou eerder aan om God te vra’ om jou wysheid te gee sodat jy die Bybel kan verstaan.—Jakobus 1:5.

  3.   Studeer gereeld. Jy sal baie meer by Bybelstudie baat vind as jy gereeld studeer, nie net af en toe nie.—Josua 1:8.

  4.   Studeer volgens onderwerpe. Om volgens onderwerpe te studeer, waartydens jy ontleed wat die Bybel oor ’n spesifieke onderwerp sê, is ’n doeltreffende manier om uit te vind wat die Skrif leer. Begin by “die basiese lesse”, en “gaan voort tot meer volwasse [gevorderde] leringe” (Hebreërs 6:1, 2, Easy-to-Read Version). Jy sal vind dat jy tekste kan vergelyk en sien dat verskeie dele van die Bybel mekaar verklaar, selfs die dele wat “moeilik is om te verstaan”.—2 Petrus 3:16.

  5.   Vra ander om hulp. Die Bybel spoor ons aan om hulp te aanvaar van ander wat die Bybel verstaan (Handelinge 8:30, 31). Jehovah se Getuies bied ’n gratis Bybelstudieprogram aan. Soos die vroeë Christene, gebruik hulle teksverwysings om ander te help om te sien wat die Bybel werklik leer.—Handelinge 17:2, 3.

Dinge wat jy nie nodig het nie

  1.   Hoë intelligensie of geleerdheid. Jesus se 12 apostels het die Skrif verstaan en dit aan ander geleer, al het party mense die apostels as “ongeleerde en gewone mense” beskou.—Handelinge 4:13.

  2.   Geld. Jy kan kosteloos uitvind wat die Bybel leer. Jesus het vir sy dissipels gesê: “Julle het verniet ontvang, verniet moet julle gee.”—Matteus 10:8.