Spring na inhoud

Bevat die Bybel ’n akkurate verslag van Jesus se lewe?

Bevat die Bybel ’n akkurate verslag van Jesus se lewe?

Die Bybel se antwoord

 Die Bybelskrywer Lukas het oor sy verslag van Jesus se lewe gesê: “Ek [het] alles van die begin af noukeurig nagespeur.”—Lukas 1:3.

 Party beweer dat die verslae van Jesus se lewe soos opgeteken in die Evangelies—die geskrifte van sy tydgenote Matteus, Markus, Lukas en Johannes—die een of ander tyd in die vierde eeu verander is.

 Maar ’n waardevolle fragment van Johannes se Evangelie is aan die begin van die 20ste eeu in Egipte gevind. Dit staan nou bekend as die Rylands-papirus 457 (P52) en word bewaar in die John Rylands-biblioteek, Manchester, Engeland. Dit bevat ’n gedeelte wat in die hedendaagse Bybel Johannes 18:31-33, 37, 38 is.

 Dit is die oudste fragment van ’n manuskrip van die Christelike Griekse Geskrifte waarvan ons weet. Baie geleerdes glo dat dit omstreeks 125 HJ geskryf is, net ’n kwarteeu of so nadat die oorspronklike geskryf is. Die teks van die fragment kom byna presies ooreen met dié van latere manuskripte.